Tsumeb kry oorhand teen Walvisbaai
Gholf
In ideale warm toestande het Tsumeb-gholfklub se span op hul tuisbaan die uitdaagtrofee teruggewen met 7,5 punte teen die 3,5 van Walvisbaai-gholfklub in die jaarlikse uitdaagbyeenkoms wat vanjaar op die noordedorp aangebied is.’n Groot kontingent van 22 Walvisbaai-spelers het Vrydag met die trofee ingepak die pad na die noorde aangepak. Op die dag was die Tsumeb-span egter te goed en die trofee is dus afgestaan.
Die Walvisbaai-span het 'n handjievol spelers ingesluit wat vir die eerste keer in Tsumeb gespeel het en 'n wonderlike naweek van kameraadskap, vriendskap en gasvryheid op en van die baan beleef het. Walvisbaai se pa-en-seun-kombinasie Wayne en Jaden Shaw (44 punte) het die individuele kompetisie gewen.
Die Walvisbaai-span het spoggerig gelyk in hul nuwe uitrusting, met hemde geborg deur Christo Swart van Minaqua en pette deur Thomas Wolff en RSS.
Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article