Ons stel graag die feite
• Johan Diergaardt, visepresident van die Namibië Rugbyunie (NRU), was ‘n ontvanger van ‘n lewenslange eretoekenning by laas naweek se Namibiese Sporttoekennings 2027. Sy naam is per abuis weggelaat in Sport Wrap se berig oor die toekennings wat Maandag verskyn het. Diergaardt, wat ná sy speeldae ook as nasionale keurder, hoofafrigter van veral FNB Unam en van die senior nasionale span sy merk gemaak het, is die afgelope vier jaar ‘n raadslid van die NRU.
• In Vrydag se uitgawe onder die opskrif “Gulde kans om blasers behoorlik op te lei” is verkeerdelik verwys dat die oud-Springboklosskakel Jannie de Beer die ondervoorsitter van die Namibiese Rugbyskeidsregtersvereniging (NRRS) is, wat nie die geval is nie. Inderdaad is dit in sy hoedanigheid as ondervoorsitter van Namibiese hoërskolerugby (NSSR) dat hy as die dryfveer vir ‘n bekendstelling-werkskool komende naweek vir skeidsregters optree. De Beer sê belangstellende afrigters, spelers en voornemende skeidsregters wat opgelei wil word om as blasers by skolerugby te begin en dalk later na klub- en hoër vlakke te vorder, is welkom om hom tot vandag nog by [email protected] asook by [email protected], of sel. 081 396 5555 vir registrasie te kontak. Twee kundige aanbieders van SA Rugby, Deon van Blommenstein en Cwengile Jadezweni (‘n onlangse blaser in Curriebeker-eindstryde) fasiliteer die werkskool wat die begin van ‘n mentorskapprogram bied.



Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article