O.20’s gekies vir missie na Chili
Die Namibiese toergroep vir die Wêreldrugby O.20 Challenger Cup in Chili is bevestig.
Agt ontluikende rugbylande van elke vasteland sal mekaar volgende maand in die hoofstad, Santiago, ontmoet: Chili, Namibië, Hongkong, Brasilië, Kanada, België, Portugal en Roemenië.
Die Namibiërs is in groep B geplaas en skop hul veldtog af teen Kanada (Vrydag 2 Oktober), waarna hulle vyf dae later (Woensdag 7 Oktober) teen Portugal en op Maandag 12 Oktober teen België te staan kom.
Die uitspeelwedstryde vir die finale posisies sal die toernooi op Saterdag 17 Oktober afsluit.
Die toernooi was tevore bekend as die Wêreldrugby O.20 Trofee, vir die volgende agt lande onder die o.20-wêreldkampioenskap. Namibië maak sy eerste verskyning in die toernooi sedert 2018 in Roemenië, met die ambisie om sy beste eindposisie (vierde in 2016 en 2017 en 2018) te ewenaar of te verbeter.
Op papier het afrigters Johan Zaayman en Jood Opperman dié keer heelwat versterkings binne en buite die land opgeroep, in vergelyking met die onlangse Rugby Africa Barthés O.20-beker in Kampala, Uganda.
Die toerspan sal opnuut deur die flank Tjeripo Karuhumba van die Universiteit van Kaapstad aangevoer word.
Die oefengroep was die afgelope weke in ‘n oefenkamp aan die voorberei om die land met trots op die internasionale verhoog te verteenwoordig.
Die aangewese 30 spelers:
VOORSPELERS
Daniel du Toit (Noordwes-Universiteit)
Charlton Binga (FNB Wanderers)
Kobus Mouton (Autohaus Windhoek Affies)
Tauno Hamukoto (FNB Unam)
Goddard Husselmann (FNB Western Suburbs)
Marchall Klein (FNB Unam)
Jayvon du Plessis (Harlequins, Pretoria)
Eduardo Dunn (Autohaus Windhoek Affies)
Romario Hoëseb (OK Foods Bere/Donatus Sekondêre Skool)
Oliver van Wyk (FNB Dolphin)
Dohan van Zyl (FNB Kudus)
Tjeripo Karuhumba (kaptein; Universiteit van Kaapstad)
Isaiah Kazondovi (Samsung WHS)
Connor Nel (Noordwes-Universiteit)
Roche Brand (Noordwes-Universiteit)
Nzola-Menza Nkunku (FNB Western Suburbs)
Tiaan van der Westhuizen (Namib Diesel Walvisbaai PS)
AGTERSPELERS
Clive Raines (Noordwes-Universiteit)
Damian Klein (Samsung WHS)
Dominique Isaacs (FNB Wanderers)
Mc-Rein van Wyk (Samsung WHS)
Waldre Kotze (Noordwes-Universiteit)
Jano Erasmus (onderkaptein, Universiteit van Stellenbosch)
Janco Bredenhann (Rugby Travel Academy / Centurion / Blou Bulle o.20)
Jayden Jansen (FNB Reho Falcon)
Soobramoney Sammy (Montego United)
Bertus Narib (FNB Wanderers)
Ethan Sinden (FNB Wanderers)
Wesley Haukongo (FNB Reho Falcon)
Keanan Diergaardt (FNB Unam)
KORTLYS (nie-reisende reserwes)
Johan Gabrielson (stut, Moria Privaatskool), Pieter Jan Strydom (losvoorspeler, Rugby Travel Academy), Carlo Hawanga (vleuel, FNB Unam), William Beukes (losskakel of heelagter, Samsung WHS), Derrick Bezuidenhout (senter, FNB Unam).
BESTUURSPAN
Johan Zaayman (hoofafrigter), Jood Opperman (hulpafrigter), dr. Wilfred Bezuidenhout (spandokter), Innis Erasmus (fisioterapeut), Sergio de la Harpe (krag en kondisionering), Jacky Husselmann (spanbestuurder).



Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article