Namibiërs in aksie in Toulouse

Rugby
Drie Namibiese spelers behoort verteenwoordig word in Saterdag se ProD2-finaal tussen Grenoble en Montauban in Toulouse. Grenoble het boaan die puntelys in die tweede vlak van professionele rugby in Frankryk geëindig, terwyl Montauban (sesde) deur die kwart- en halfeindronde gestorm het om sy kans lewendig te hou om as die ligawenner bevordering tot die Top 14 volgende jaar te beklink. Grenoble se flank Richard Hardwick (16 wedstryde) en vleuel Gerswin Mouton (14 drieë in 20 wedstryde) was puik op dreef, terwyl die veteraanslot Tjiuee Uanivi hierdie seisoen 22 wedstryde (15 in die beginspan) vir Montauban gespeel het. Foto's Getty Images