Gim Leeus vol vertroue tuis teen WHS

Skolerugby
Brian Munango
Windhoek Gimnasium en Windhoek Hoërskool sê mekaar weer die stryd aan in beide se openingswedstryd in vanjaar se NSSR o.19 premierliga – wat boonop ’n herontmoeting van verlede jaar se eindstryd én van hul onlangse interhoër is.

NTV se regstreekse uitsending is vanaf 10:00 op DStv kanaal 285, GoTv kanaal 25 of aanlyn by https://oneuptwo.com/, of die YouTube-kanaal van Network Media Hub.

Ondersteuners op enige plek ter wêreld hoef dus nie ’n oomblik van nog ‘n klassieke botsing mis te loop nie.

WHS het laas jaar die premierliga verower deur Gimnasium in die finaal te klop, maar die Leeus het twee naweke gelede behoorlik gebrul in hul oortuigende interhoërsege (30-14) by FNB Vegkop.

Saterdag sal ligapunte op die spel wees, asook die trots van die skole en hul ondersteuners.

Weens ‘n ligte besering is die WHS-flank Pieter-Jan Strydom op die reserwebank, met senter Eathan Sinden wat die kapteinskap oorneem, terwyl die enigste verandering vir Gimnasium die insluiting van linkervleuel Jaydrian Jansen is.



Spanne:

Samsung WHS Koedoebulle: 15 William Beukes, 14 Sergio Steenkamp, 13 Eathan Sinden (kaptein), 12 Luthando van Wyk, 11 Luke Saal, 10 McRein van Wyk, 9 Dominique Isaacks, 8 Keathen Klazen, 7 Lorenzo Awaseb, 6 Delarey de Klerk, 5 Keanan Louw, 4 Isaiaha Kazondovi, 3 Jaden Bock, 2 Xander Campbell, 1 Cashton Cloete.

Reserwes: Valdimar de Vries, Dawid Ludick, Stephen Pretorius, Pieter-Jan Strydom, Damian Klein, Kalipa Mbeunde, Xavier Bampton, 23 Steven van Wyk.

King Price Windhoek Gim Leeus: 1 Rudolf Harmse, 2 Jayvin du Plessis, 3 Gert van Wyk, 4 Buhlem Oelofsen, 5 Adriaan Opperman, 6 Fourie Steyn, 7 Lihan Horn, 8 Vincent Scholtz (kaptein), 9 Jan Daniel de Villiers, 10 JD Meintjies (vice-captain), 11 Jaydrian Jansen, 12 JD Jankowitz, 13 Pieter-Stephan Stassen, 14 Oliver Seager, 15 Xavier van Wyk.

Reserwes: DJ Gouws, Dirk Badenhorst, Adrian Schoeman, 19 Curnal Beukes, Angelo Novella, Cayden van Wyk, Matthew Raubenheimer, Juan van Wyk.



Ander wedstryde om dop te hou:

Compack Tsumeb Gimnasium het as vroeë voorloper na vore getree met twee indrukwekkende oorwinnings. Hulle fisieke voorspelers en doeltreffende agterlyn maak hulle ‘n gevaarlike span. Die maroen truie is op hul tuisveld teen hul buurspan van Outjo, die OK Moria Bere.

Op Walvisbaai wag ook ‘n derby tussen die Privaatskool en De Duinesig (die nuwe kombinasie van Hoërskool De Duine en Hoërskool Duinesig, wat laas naweek met net drie punte teen Autohaus Windhoek Affies verloor het.

Elnatan is ook terug op hul tuisveld in Stampriet vir ‘n bulstryd teen Inspares Pro-Ed Akademie.



O.19 premierliga bepalings

Lions Den: King Price Whk Gimnasium Leeus v Samsung WHS Koedoebulle (10:15). Skeidsregter: Zaid Isaacs.

Naartjiepark, Walvisbaai: Namib Diesel Walvisbaai Privaatskool v De Duinesig (12:00). Skeidsregter: Oscar Lambert.

Tsumeb: Compack Tsumeb Gimnasium v OK Moria Bere (12:00). Skeidsregter: Nicardo Pienaar.

Stampriet: Farmstyle Elnatan v Inspares Pro-Ed Akademie (12:00). Skeidsregter: A. Gouws.

• Bly op hoogte van die NSSR premierliga se puntestand by www.rugby.my.na/