Stuur jou sportfoto en wen

Welkom by Sport Wrap se weeklikse foto-kompetisie, oop vir die publiek.

Vang ‘n oomblik vas by enige sportgebeurtenis in Namibië hierdie naweek. Stuur jou oorspronklike foto, met ‘n beskrywende onderskrif van waar en wanneer dit geneem is, en jy kan N$1 000 wen!

Net een wenner per week word aangewys, maar ‘n seleksie van die beste foto’s word op Vrydae in ons koerant gepubliseer.

Inskrywings wat van ander bronne verkry word, sal nie in aanmerking kom nie. Voirige pryswenners mag na die verloop van drie maande weer oorweeg word.

Hierdie week se wenfoto is ingestuur deur Phillip Balhao.

WhatsApp #swphoto na 085 785 6231 en stuur jou foto as inskrywing. Voorspoed!