Namibië kies spanne vir RCFA-wêreldkampioenskap
Gevegskuns
Ring Contact Fighting Arts (RCFA) Namibia het vandeesweek reeds drie spanne aangekondig wat gekies is om volgende jaar in die gevegsport se wêreldkampioenskap in Suid-Afrika mee te ding.Die wêreldkampioenskap is op die Paasnaweek van 2026 (4 tot 7 April) by die Emerald Casino in Vaderbiljpark, Gauteng, bestem.
Volgens Ingo Oosthuizen, die hoofinstrukteur van RCFA Namibia, is die vroegtydige aankondiging van die Namibiese spanne noodsaaklik omdat die relatief jong sportliggaam nog beperkte bystand van die regering geniet.
“Die toerkoste vir elke atleet moet dus grootliks uit ons eie sak gedek word en die vroegtydige aankondiging gee ons genoeg tyd om planne te maak en geld te spaar,” sê Oosthuizen.
Die Namibiese RCFA-spanne is hoopvol en gemotiveerd om by die wêreldkampioenskap hul puik prestasies van die afgelope twee jaar te ewenaar.
Die Namibiërs het by die onlangse Jungle War XIII by die einste Emerald Casino die Suid-Afrikaanse provinsiale spanne, asook Zimbabwe en Zimbabwe uitgestof met 209 medaljes (98 goud, 72 silwer en 39 brons). Ses uit die toptien individuele vegters was van Namibië afkomstig.
Die Namibiese nasionale span: Gustavo van Wyk, Lehandri Bergh, Lian Maritz, Karien du Plessis, Aldo du Plessis, Nico Rust, Zandrino Gariseb, Carlita Nitschke, Keenan Benz, Johan Rust, Carlo du Plessis, Mila Celliers, Cherné Scheepers, Ryan Roux.
Die beamptes vir die nasionale span is Ingo Oosthuizen, Adél Oosthuizen, Walter Philander, Willem Gous, Daniel Gous, Jaco Kruger, Nicolene Kruger, Elfrieda Kirsten, Jan van Wyk, Christal Espach en Jackeline Sass.
Die ontwikkelingspan: Chloe Freyer, Duan Janse van Vuuren, Jozua Kunert, Lara-Lee du Preez, Marjolize Bodenstein, Joine Bornman, Colagelo Joseph, Calvin Kasonde, Leane Gabrielsen, Hermanus Bergh, Patricia Paulus, Jade Venter, Andrei Drotskie, Densel Hoeseb, Zion Celliers, Devan Riekert, J.A. Oelofsen, Stephanus du Toit.
Namibiese uitnodigingspan: Corwin Kubersky, Emma Kruger, Keyo Kruger, Cornelis Bodenstein, Pierre Jacobs, Michael Oelofsen, Liane Claassens, Floris Espach, Spencer Bartlett, CJ Espach, Connor Champion, John Calimbwe, Mason van Wyk, Francois Smith.



Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article