Langworthy wen putjiespelfinaal
Gholf
Die Windhoek Gholfklub het Saterdag die finaal van sy jaarlikse SUNita Cables-putjiespelreeks aangebied. ‘n Opgewonde atmosfeer het geheers en die spelers het hul beste gegee.In die dubbelspelafdeling was 'n puik rondte van 64 bruto deur Damian Da Silva en sy vennoot Armand de Klerk nie genoeg om die oorwinning te verseker nie, teen die span van Bertus Damon en Herold Kisting wat koel en kalm gebly het om die oorwinning op die laaste putjie te behaal.
In die enkelspelafdeling was Andrew Langworthy op die dag beter en het sy oorwinning oor Gavin van Wyk op oortuigende wyse verseël toe die kragmeting op putjie 15 geëindig het (uitslag 4&3).
Die WGC is dankbaar vir die voortgesette borgskap deur SUNita Cables.
Die uitslae vir die Sunita Cables individuele stableford was soos volg:
1 Braam Vermeulen (42 punte), 2 Paul Grobler (38), 3 Chris van Lill (35, uittel), 4 Justin Mwamba (35).
In die komende naweek sal die klub sy jaarlikse Bank Windhoek-beterbal aanbied.



Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article