Husselmann wen reeks by Omeya

Gholf
Omeya-gholfklub het Vrydag sy 2025 Novel Par 3-reeks afgesluit met die sesde en finale rondte. Die reekswenners is bepaal deur elke speler se beste vier rondtes (uit ses) se tellings bymekaar te tel. Voor ontvang die algehele wenner Johan Husselmann (regs) sy wentrofee van Francois Hanekom van Novel Motor Company. In die middle agter langs mekaar staan die algehele vrouewenner Anecia le Grange en die algehele junior wenner JP le Grange, saam met ander pryswenners van die sesde rondte. Foto verskaf