Babette se treffers stel nuwe nasionale rekord
Boogskiet
Die Namibiese boogskutter Babette Taljaard het ‘n blink prestasie by laas naweek se Katelynn Venter Memorial Shoot op Walvisbaai gelewer. Taljaard het Saterdag ‘n nuwe nasionale rekord opgestel toe sy ‘n telling van 690 uit 720 behaal het, om die vorige beste van 688 te oortref. Taljaard sê: “Die kompetisie Sondag het ons op ons tone gehou met die Indoor Double 300, wat ons in die buitelug in redelike sterk winderige toestande moes skiet. Ondanks hierdie uitdaging het ek op beide dae die goue medalje ingepalm en Sondag ook die ‘Robin spot prize’ ingepalm.” Taljaard bedank haar borg Tony\'s Custom Bowstrings and Magnum Archery: Target vir hul ondersteuning met toerusting wat ‘n verskil in haar uitslae maak. “My fisioterapeut Anke Albat help om my postuur op koers te hou sodat ek op my beste kan presteer.” Taljaar sê dit was ‘n voorreg om die kompetisie ter nagedagtenis van die gewilde paralimpiese boogskutter Katelynn Venter by te woon – ’n herinnering aan die passie en gees wat ons in hierdie sport byeen bring.” Foto\'s Facebook
Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article