Anecia wen vroue se Gold Cup
Gholf
                                    
            
                Die Namibiese Amateur Vrouegholfunie (Nalgu) se Gold Cup-toernooi het die afgelope naweek meestal spelers van die gasheerklub Windhoek Gholfklub en Omeya gelok.Dertien spelers het vir die kompetisie ingeskryf en is volgens voorgee in die A-, B- en C-afdelings ingedeel. Tien manspelers het ook die toernooi ondersteun deur vir die stableford in te skryf.
Ongudi Investment was die hoofborg terwyl 6mo9, Mori’s Proshop en Alois Nyandoro ook pryse geborg het. Minaqua Mineral Waters het gesorg dat almal op die baan gehidreer bly.
Nalgu spreek sy waardering uit teenoor die borge wat die byeenkoms spesiaal help maak het.
Die voorste uitslae:
Beste bruto (algehele kampioen): Anecia Le Grange (170).
Algehele beste netto: Brenda Lens (139).
A-afdeling beste bruto: Doulaine Holtzhausen (173).
A-afdeling beste netto: Dina Holtzhausen (149).
B-afdeling beste bruto: Evelyn Paulino (194).
B-afdeling beste netto: Chantel Visser (151).
C-afdeling: Nelago Amutenya (65 punte).



 
                
Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article