Tydren-opwinding wag vir Hentiesbaai

Motorsport
Die 20 ingeskrewe spanne sal Saterdag oor agt spesiale sneldele van altesame 102.45 kilometer jaag.
Tielman van Lill

Hentiesbaai sal komende Saterdag ná ongeveer 14 jaar weer vir die eerste keer die gasheer vir ’n tydren wees.

Die laaste byeenkoms by dié kusdorp is in 2012 deur die Walvisbaai-motorklub gehou. Die Walvisbaai-motorklub is Saterdag opnuut die aanbieder vir die vierde rondte van die 2026 Namibiese nasionale tydrenkampioenskap.

Die JAC Motors-tydren begin om tienuur by die Hentiesbaai gholfklub. Die 20 ingeskrewe spanne sal oor 102.45 kilometer en agt spesiale sneldele jaag.

Die Namibiese nasionale tydrenkampioenskap word vanjaar oor ses rondtes aangebied. Broodnodige kampioenskapspunte kan by die see opgeraap word voor die vyfde en sesde rondte onderskeidelik by Gobabis en Swakopmund aan die beurt kom.

Die bestuurders en hul navigators is tans in ’n hewige stryd gewikkel met die bestuurders soos Stefan Bartsch, Kai Pretorius en Donovan Vermaak (almal S1-klas) onderskeidelik in die eerste, tweede en derde posisie. Vierde is Wido Bartsch (S4) wat net drie punte agter Vermaak is.

In die Uitdaag-afdeling (Challenge Rally, CR1 tot CR3) gee MP Pretorius (CR3) algeheel die pas aan, terwyl Ruaan Viviers (CR3) tweede is met SJ Schoeman (CR1) derde. Ekko Eisenberg (CR1) en Werner Bartsch (CR2) is tans kop-aan-kop met ewe veel punte in die vierde en vyfde plek.

 

Huidige kampioenskapspunte

Sedan-afdeling (S1 tot S4)

Bestuurders algeheel: 1 Stefan Bartsch (69 punte), 2 Kai Pretorius (67), 3 Donovan Vermaak (65), 4 Wido Bartsch (62), 5 Zachary Martin (39), 6 Pieter Greeff (39), 7 Stefanie Botha (22), 8 Michael Kotze (15).

Per klas

S1-klas: 1 Stefan Bartsch (69 punte), 2 Kai Pretorius (67), 3 Donovan Vermaak (65), 4 Pieter Greeff (39).

S2-klas: 1 Zachary Martin (39).

S3-klas: 1 Michael Kotze (15).

S4-klas: 1 Wido Bartsch (62).

Navigators algeheel

1 Oliver Pretorius (76), 2 Raymond Fourie (66), 3 JP Robinson (43), 4 Anique Schoeman (40), 5 Alexa Montague-Fryer (28), 6 Jacobus van Zyl (21), 7 Gielie Visser (19), 8 Darius Kotze (17).

Per klas

S1-klas: 1 Oliver Pretorius (76), 2 JP Robinson (43), 3 Alexa Montague-Fryer (28), 4 Jacobus van Zyl (21), 5 Gielie Visser (19).

S2-klas: 1 Anique Schoeman (40).

S3-klas: 1 Darius Kotze (17).

S4-klas: 1 Raymond Fourie (66).

Uitdaag-afdeling (CR1 tot CR3)

Bestuurders algeheel

1 MP Pretorius (90 punte), 2 Ruaan Viviers (73), 3 SJ Schoeman (66), 4 Ekko Eidenberg (63), 5 Werner Bartsch (63), 6 Stefan Labuschagne (52), 7 Michel Rust (35), 8 Chrizelda Kritzinger (16), 9 Steven Marnevick (15). Dirk Redman (0) en Rian Kritzinger (0) het nog net aan een tydren deelgeneem en het nie klaargemaak nie.

Per klas

CR3-klas: 1 MP Pretorius (90), 2 Ruaan Viviers (73), 3 Steven Marnevick (15).

CR2-klas: 1 Werner Bartsch (63), 2 Stefan Labuschagne (52), 3 Dirk Redman (0).

CR1-klas: 1 SJ Schoeman (66), 2 Ekko Eidenberg (63), 3 Michel Rust (35), 4 Chrizelda Kritzinger (16).

Navigators algeheel

1 Anja Pretorius (90), 2 Chané Havenga (67), 3 Christel Fourie (65), 4 Horacio Rietz (64), 5 René Botha (53), 6 Cecil Koorts (50), 7 Chantel Taljaard (36), 8 Ruan de Lange (16), 9 Dalton Bezuidenhout (0).

Per klas

CR3-klas: 1 Anja Pretorius (90), 2 Cecil Koorts (50), 3 Dalton Bezuidenhout (0).

CR2-klas: 1 Christel Fourie (65), 2 René Botha (53).

CR1-klas: 1 Chané Havenga (67), 2 Horacio Rietz (64), 3 Chantel Taljaard (36), 4 Ruan de Lange (16).

 

Die inskrywings

Sedan-afdeling

S1-klas: Pieter Greeff/JP Robinson (Toyota Corolla), Stefan Bartsch/Alexa Montague-Fryer (VW Polo), Donovan Vermaak/Len Fölscher (Toyota Corolla), Zirk Jansen/Yolande Engels-De Lange (Toyota Corolla), Kai Pretorius/Oliver Pretorius (Toyota Corolla).

S2-klas: Zachary Martin/Anique Schoeman, George Coetzee/Jannie Coetzee (Ford Focus), Jaco Coetzer/Koos Coetzer (VW Golf MK1).

S3-klas: Rian Kritzinger/Dalton Bezuidenhout (BMW).

S4-klas: Wido Bartsch/Raymond Fourie (Toyota Yaris).

Uitdaag-afdeling

CR3-klas: MP Pretorius/Anja Pretorius (V8-Renault Duster), Ruaan Viviers/Cecil Koorts (V8-Century CR6), Steven Marnevick/Roche Louw (V8-Zarco), Nico Smith/Meyerine Smith (V8-Chenoworth).

CR2-klas: Werner Bartsch/Christel Fourie (V8-Landy), Stefan Labuschagne/René Botha (V8-JAC).

CR1-klas: Ekko Eisenberg/Horacio Rietz (V8-JAC), SJ Schoeman/Chané Havenga (Toyota Hilux GD6), Chrizelda Kritzinger/Ruan de Lange (Nissan Hard Body), Rossouw Bezuidenhout/Michael Maritz (V8-Toyota Hilux).

[email protected]