NMSF deel vele toekennings vir 2025 uit
Die room van Namibiese motorsport is Saterdagaand tydens ‘n jaarlikse glansgeleentheid in die hoofstad vereer.
Die Namibiese Motorsportfederasie (NMSF) het by Wanderers in Pionierspark sy onderskeie lede vereer wat aan agt verskillende kodes in 2025 deelgeneem het.
Die agt kodes is langbaanrenne, renstelle, tydrenne, ovaalbaanrenne, vasbyt, e-sport, motocross en motorfiets-enduro.
Afgesien van die nasionale kampioene wat bekroon is, was beamptes vir hul liefdevolle opofferings vir motorsport erken. Ernst Becker en Mike Nederlof se name is in in die NMSF Eresaal opgeneem.
Die 2025-toekennings
LANGBAAN (Tony Rust-renbaan)
Klubmans Klas B
1 Allan Martin, 2 Ekko Eisenberg, 3 Deon Friedenthal.
Klubmans Klas C
1 Clive Strydom, 2 Jan Everson, 3 Cecil Koorts.
Klubmans Klas D
1 Ekko Eisenberg, 2 Horacio Rietz, 3 Marius van Zyl.
Algeheel Klas A, B en C
1 Clive Strydom, 2 Jan Everson, 3 Allan Martin.
Algeheel Klas D, E en F
1 Ekko Eisenberg, 2 Horacio Rietz, 3 Marius van Zyl.
ELEKTRONIESE SPORT
Tydrenne
1 Mornay du Toit, 2 Michel Rust, 3 Jannie Coetzee.
Langbaan
1 Juandré du Toit, 2 Renando Burger, 3 Richard Cilliers.
MOTOCROSS
50 cc-klas
1 Mason Meyer, 2 Duhan Hefer, 3 Nicky Strauss.
65 cc-klas
1 Oliver Mathews, 2 Carter Bouwer, 3 Markus Pack.
85 cc-klas
1 Leander Metzger, 2 De Wet du Plessis, 3 Stiaan Hefer.
Junior 125 cc-klas
1 Juan de Vos, 2 Jarno Metzger, 3 Leander Metzger.
Vroueklas
1 Zoë Waldschmidt, 2 Melanize Oberholzer, 3 Maike Bochert.
Veteraneklas
1 Sigi Pack, 3 Olaf Pack, 3 Tony Viljoen.
Ope klas
1 Mark Sternagel, 2 Bjorn Bierbrauer, 3 Tommy Gous
King of the Dirt-kompetisie
1 Mark Sternagel, 2 Bjorn Bierbrauer, Tommy Gous.
OVAALBAAN
Viersilinders
1 Jacques van Zyl, 2 Mariska Swart.
V8-klas
1 Michael Behnke, 2 Armandt Swart, 3 Bennie Duvenhage.
TYDRENNE
CR1-klas (2x4) bestuurders
1 Ekko Eisenberg, 2 SJ Schoeman, 3 Michael Kotze.
CR1-klas (2x4) navigators
1 Horacio Rietz, 2 Chané Havenga, 3 Darius Kotze.
CR2-klas (4x4) bestuurders
1 Etienne van den Heever, 2 Werner Bartsch, 3 Rian Kritzinger.
CR2-klas (4x4) navigators
1 Christel Fourie, 2 Willy van Wyk, 3 Cecil Koorts.
CR1 en CR2 algeheel, bestuurders
1 Ekko Eisenberg, 2 Etienne van den Heever, 3 Werner Bartsch.
CR1 en CR2 algeheel, navigators
1 Christel Fourie, 2 Horacio Rietz, 3 Willy van Wyk.
Sedanmotors, S1-klas bestuurders
1 Pieter Greeff, 2 Kai Pretorius.
Sedanmotors, S1-klas navigators
1 JP Robinson, 2 Katja Pretorius.
Sedanmotors, S2-klas bestuurders
1 Zachary Martin, 2 Peer Röhm, 3 Wido Bartsch.
Sedanmotors, S2-klas navigators
1 Anique Schoeman, 2 Raymond Fourie.
S4-klas bestuurders
1 Allan Martin, 2 Stefanie Botha, 3 Wido Bartsch.
S4-klas navigators
1 Maretha Olivier, 2 Mandi Landsberg, 3 Raymond Fourie.
S-klas algeheel bestuurders
1 Allan Martin, 2 Zachary Martin, 3 Stefanie Botha.
S-klas algeheel navigators
1 Anique Schoeman, 2 Maretha Olivier, 3 Mandi Landsberg.
RENSTELLE (go-karts)
Mini Rok-klas
1 Cecil Koorts, 2 Hermann Schouw, 3 Wian Schouw.
Mini Rok onder 10-klas
1 Mila Botha, 2 Miko Botha, 3 Francois Gouws.
Rotax-kampioenskap
Bambino-klas
1 Rocco van Eeden, 2 Zian Nel, 3 Willem Retief.
Micro Max-klas
1 Russell Josephat, 2 Ben Goldbeck, 3 Gury Dos Santos.
Mini Max-klas
1 Cecil Koorts junior, 2 Joubert Esbach, 3 Jakobus Retief.
Senior Max
1 Dylan Zandberg, 2 James van der Heever, 3 Chucky van Dyk.
DD2-klas
1 Zain Beuthin, 2 Adriaan Nel, 3 Nikita Thieme.
VASBYT
Klas C bestuurders
1 Morney Oosthuysen, 2 Rico Bothma, 3 Jaco Louw.
Klas C navigators
1 Richard Owen, 2 Christoffel Binneman, 3 Marietha Steenkamp.
Klas D bestuurders
1 Dolf Bothma, 2 Johan LaCock, 3 Daniël van Rhyn.
Klas D navigators
1 Nic Maritz, 2 Simone LaCock, 3 Danielle van Rhyn.
Klas C en D algeheel, bestuurders
1 Morney Oosthuysen, 2 Rico Bothma, 3 Dolf Bothma.
Klas C en D algeheel, navigators
1 Christoffel Binneman, 2 Nic Maritz, 3 Richard Owen.
MOTORFIETS-ENDURO
Klas 2 (Pro Ope)
1 Quinton van Rooyen, 2 Corné Visser, 3 Heiko Stranghöner.
Klas 5 (Senior Pro)
1 Sean Kemp, 2 Kai Hennes, 3 Gernot Bahr.
Klas 7 (Intermediêr)
1 Dean Schlechter, 2 Kilian Hamm, 3 André Barnard.
Spesiale toekennings vir beamptes
Geraldine Naudé, Clive Strydom, Carla Kruger, Johann Kruger, Roger Gaeb en Sheldon Augustus.
NMSF ERESAAL (Hall of Fame)
Bernd Becker
Bernd het in 'n motorsportfamilie grootgeword en dus was dit geen verrassing dat hy in sy pa se voetspore sou volg nie. Ná sy begindae by motorfiets-enduro’s het hy later na die motorgedeelte van die sport aanbeweeg (baan- en tydrenne), insluitend die Tara-tydren waar hy 'n integrale deel van die organisering geword het en steeds is. Hy het ook as navigator aan tydrenne deelgeneem.
Bernd het jare lank in die NMSF se uitvoerende komitee gedien en het ook as 'n beampte by motorsportgeleenthede opgetree. Hy was ook ‘n jarelange lid van die Windhoek-motorklub.
Mike Nederlof
Mike se aanvanklike betrokkenheid as 'n deelnemer was op 'n vierwielmotorfiets in enduro’s, voordat hy as 'n motorsportbestuurder in aksie was en later die administrasie- en organisering van die sport betree het.
Mike het die NMSF vir vele jare as president gedien. Hy was betrokke by FIM Africa en het as voorsitter van die motocross-kommissie gedien.
Hy was gereeld 'n beampte in die hoedanigheid van 'n baanklerk, onder meer tydens die MX AMU-geleenthede wat in Namibië aangebied was.
Mike het die Swakopmund Motocross-klub laat herleef, en het ook as ‘n beampte tot tydrenne bygedra.



Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article