Namibië eindig tweede ná RSA by Gallina
Namibië se span vir die 2026 Motocross vir Afrika-Nasieskampioenskap het die afgelope Saterdag en Sondag ‘n uitstekende tweede plek vir hul land verseker.
Hoewel die Namibiërs by die Gallina Motocrosspark noord van Windhoek in net twee klasse algehele individuele podiumposisies kon bewerkstellig, het die gasheerspan vir Uganda (derde) met tien punte uitgestof, terwyl die oordonderende Suid-Afrikaanse span as die Afrika-kampioen bekroon is.
Die Namibiese jaer Mason Meyer (65 cc) het algeheel derde in sy klas geëindig, terwyl Tommy Gous (eerste), Olaf Pack (tweede) en Heiko Stranghöner (derde) die veteraanafdeling oorheers het.
Die elf lande het soos volg op die puntelys geëindig:
1 Suid-Afrika (279)
2 Namibië (135)
3 Uganda (125)
4 Zimbabwe (95)
5 Kenia (90)
6 Zambië (51)
7 Botswana (34)
8 Madagaskar (22)
9 Eswatini (9)
10 Angola (1)
11 Mosambiek (0)
Die vinnigste vroulike jaer op die kontinent is Leah Heygate van Zambië wat as die Afrika-vrouekampioen bekroon is, terwyl Ethan Hoffman van Suid-Afrika met dieselfde eer in die mans MX1-klas spog. Dit is Hoffman se tweede Afrika-titel agtereenvolgens.
Die deelnemers het Saterdagnamiddag hul eerste rondte gery en dit Sondag met nog twee rondtes opgevolg, vir ‘n bepalende totaal uit drie. Elke jaer kon ‘n maksimum van 20 punte vir ‘n eerste posisie per rondte verdien, 17 vir ‘n tweede plek en 15 vir ‘n derde posisie.
Die algehele individuele podium-posisies
50 cc-klas (23 jaers)
1 Nate Small (60 punte, Suid-Afrika, SA), 2 Gianno Ferreira (49, SA), 3 Casper Kruger (47, SA). Namibiërs: 11de Jannie Louw (16 punte), 12 Sebastian Pack (14), 17 Louw Schoeman (1), 18 Steven Kleynhans (0), 19 Wynand Viviers (0).
50 cc-klas (ses meisies)
1 Ariella Katenda (60, Uganda, UGA), 2 Esmine Labuschagne (51, SA), 3 Ronnieta Sebuguzi (43, UGA). Namibië het hier geen deelnemers gehad nie.
65 cc-klas (33 jaers)
1 Armani Gioko (53, Kenia, KEN), 2 Brayden Tucker (48, SA), 3 Mason Meyer (40, Namibië). Namibiërs: 6de Oliver Mathews (30 punte), 9 Paul Mans (17), 11 Delmar du Plessis (15), 12 Markus Pack (11).
85 cc/MX Lites (29 jaers)
1 Brody Bircher (60, SA), 2 Kigen Murithi (47, KEN), 3 Ross Mackenzie (45, SA). Namibiërs: 10 De Wet du Plessis (15), 16 Stiaan Hefer (4), 23 Riaan van der Hofen (0), 26 Duhan van Wyk (0).
Vroue MX-klas (13 jaers)
1 Leah Heygate (60, Zambië, ZMB), 2 Mackenzie Bam (49, SA), 3 Jessica Osner (47, SA). Namibiërs: 6de Zoë Waldschmidt (28 punte), 8 Melanize Oberholzer (26), 13 Maike Bochert (9).
Meestersklas (vyf jaers)
1 Douglas Mellor (ZMB), 2 Assaf Natan (UGA), 3 Warrick van Schalkwyk (SA). Namibië het hier geen deelnemers gehad nie.
Veteraneklas (14 jaers)
1 Tommy Gous (60), 2 Olaf Pack (49), 3 Heiko Stranghöner (47), 6 Sigi Pack (33), 9 Jörg Stranghöner (22); almal van Namibië.
125 cc-klas (24 jaers)
1 Trent Valsecchi (60), 2 Trenton Kretzmann (55), 3 Evan Frost (45) almal van SA. Namibiërs: 6de Leander Metzger (29), 9 Marco Lindemeier (19), 15 Vincent Griebel (11).
MX 2-klas (18 jaers)
1 Riley Rocher (55, ZMB), 2 Tristan Durow (51, SA), 3 Matthew Correia (43, SA). Namibiërs: 8ste Gero Friederich (24), 15 Nils Elmering (7).
MX 1-klas (18 jaers)
1 Ethan Hoffman (60), 2 Jayden Proctor (51), 3 Johan Vogelsang (45), almal van Suid-Afrika. Namibiërs: 5de Jarno Metzger (34), 7 Björn Bierbrauer (29), 14 Markus Muller (0).



Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article