Jaers laat koppies by Itumba dreun

Enduro
In sommige klasse begin vanjaar se kampioen na ’n uitgemaakte saak lyk, terwyl ander nog in die weegskaal is met een kompetisie oor.
Tielman van Lill

Die Namibiese Enduro-klub het die afgelope Saterdag die sewende rondte van sy Namibiese nasionale enduro-kampioenskap ’n klipgooi suid van die hoofstad by Itumba aangebied.

Veertig mededingers het aan die agt onderskeie klasse deelgeneem waar die volgende ryers gewen het: Quinton Z. van Rooyen (klas 2), Jörn Greiter (klas 5), Søren Jensen (klas 7), Pieter van Helsdingen (klas 10, senior groentjies), Alex Steinfurth (klas 10, junior groentjies), Llewelyn van der Westhuizen (klas 11, beginners) en Shannon Gräber (klas 12, vroue-ontwikkelingsklas).

Die Namibiese Enduro-klub sê: “Baie dankie en hartlike gelukwense aan Fanie, Pieter, Quinton, Jörn, André en Bruno vir die skep van ’n uitstekende baan by Itumba. Julle harde werk, toewyding en strewe na uitnemendheid het werklik ’n verskil gemaak. Die moeite wat julle gedoen het, word opreg waardeeren julle kan ongelooflik trots wees op wat julle bereik het!

“'n Spesiale woord van dank aan Percy Openshaw en die hele mediese span, ons beamptes en elke deelnemer wat bygedra het om die geleentheid ’n sukses te maak. Julle professionaliteit, spanwerk, sportmangees en toewyding het ’n deurslaggewende rol gespeel om te verseker dat dit nie net ’n suksesvolle geleentheid was nie, maar ook ’n werklik onvergeetlike en aangename dag by Itumba was.

Die agtste en laaste byeenkoms in die reeks sal op 7 November by die Yellowstone-baan aangebied word.

 

Die volledige uitslae

Pro Ope (klas 2): 1 Quinton Z. van Rooyen (3 ure 23 minute 42 sekondes), 2 Heiko Stranghöner (3:34:23), 3 Corné Visser (3:58:58), 4 Bruno Kirchner (3:59:55). Kai Hennes (nie klaargemaak nie; voltooi drie uit vier rondtes).

Senior Pro (klas 5): 1 Jörn Greiter (2:51:08), 2 Gunther Gladis (2:58:36), 3 Gernot Bahr (3:25:21), 4 Ronald Geiger (3:42:48), 5 Hanré Myburgh (4:11:37). Nie klaargemaak nie: Frikkie van Greunen, Rinus van Rooyen en Ruan de Lange (al drie voltooi twee van die drie rondtes).

Intermediêr (klas 7): 1 Søren Jensen (3:04:53), 2 Sean-Collin Gräber (3:14:24), 3 Kai Brettschneider (3:16:00), 4 Agilo Tegethoff (3:25:42), 5 Holger Barth (3:35:45), 6 Philip Ellis (3:57:29), 7 Tristiaan Prinsloo (4:14:09). Nie klaargemaak nie: André Barnard (3 van 4 rondtes), Antonio Monteiro en Jean Venter (beide het geen rondte voltooi nie).

Senior groentjies (klas 10)

1 Pieter van Helsdingen (2:17:25), 2 Fanie Steenkamp (2:26:52), 3 Stephan Gräber (2:53:32), 4 Wynandt Gouws (3:01:39), 5 Francois Marais (3:04:17), 6 Stefan Tietz (3:41:48).

Junior groentjies (klas 10): 1 Alex Steinfurth (2:17:38), 2 Patrick Geiger (2:36:48), 3 Janco Meeser (3:22:41), 4 Marco Visser (3:49:30). Nie klaargemaak nie: Regen Orren (geen rondte voltooi nie: Gediskwalifiseer: Henry van der Westhuizen (voltooi al vyf rondtes, maar mis tydhou-apparaat).

Beginners (klas 11): 1 Llewelyn van der Westhuizen (2:03:42), 2 Cedric Wilckens (2:09:29).

Vroue (klas 12): 1 Shannon Gräber (2:02:18), 2 Maike Bochert (2:27:12).

 

PUNTESTAND ná sewe kompetisies

Klas 2: 1 Quinton Z. van Rooyen (134), 2 Heiko Stranghöner (106), 3 Corné Visser (87), 4 Kai Hennes (52), 5 Bruno Kirchner (51), 6 Kilian Hamm (49).

Klas 5: 1 Jörn Greiter (120), 2 Gernot Bahr (101), 3 Hanré Myburgh (61), 4 Ronald Geiger (54), 5 Rian Kritzinger (49), 6 Ruan de Lange (47).

Klas 7: 1 Duard Wiese (120), 2 Sean-Collin Gräber (79), 3 Agilo Tegethoff (65), 4 Jean Venter (45), 5 Kai Brettschneider (32), 6 André Barnard (32), 7 Philip Ellis (31).

Klas 10 (senior groentjies): 1 Pieter van Helsdingen (117), 2 Fanie Steenkamp (113), 3 Wynandt Gouws (74), 4 André Basson (69), 5 Wouter Hough (68), 6 Stephan Gräber (45).

Klas 10 (junior groentjies): 1 Alex Steinfurth (117), 2 Patrick Geiger (88), 3 Max Heigan (75), 4 Janco Meeser (62), 5 Marco Visser (45), 6 Cody Heigan (24).

Beginners (klas 11): 1 Llewelyn van der Westhuizen (137), 2 Cedric Wilckens (105), 3 Jean van der Westhuizen (92), 4 Joe van der Westhuizen (13), 5 Lennart Guther (13).

Vroue (klas 12): 1 Shannon Gräber (134), 2 Melieke Steyl (106), 3 Maike Bochert (79).

– [email protected]