Itumba lewer uitdaging uit die boonste rakke
Die Namibiese Enduro-klub het die afgelope Saterdag die tweede rondte van sy Namibiese kampioenskap by Itumba aan die suidelike buitewyke van die hoofstad aangebied.
‘n Stewige veld van 58 deelnemers het dié hardnekkige kompetisie in sewe verskillende afdelings aangepak.
Die volgende ryers het hul onderskeie afdelings gewen: Quinton Z. van Rooyen (Klas 2), Jörn Greiter (Klas 5), Duard Wiese (Klas 7), Alex Steinfurth ( Klas 10, junior groentjies), Pieter van Helsdingen (Klas 10, senior groentjies), Llewelyn van der Westhuizen (Klas 11, beginners), Shannon Gräber (Klas 12, vroue ontwikkeling).
Die Enduro-klub sê: “Hartlike dank aan almal wat die Itumba-kompetisie op Saterdag so 'n groot sukses gemaak het!
“'n Spesiale woord van waardering aan Quinton Z van Rooyen en sy span sowel as Fanie Steenkamp vir die ongelooflike moeite wat gedoen is om die bane vir elke klas uit te lê en die venue voor te berei. Jul harde werk en toewyding het die dag werklik uitsonderlik gemaak.
“Dankie aan Castrol vir jul gewaardeerde borgskap en bydrae om hierdie geleentheid moontlik te maak — jul ondersteuning word ontsettend baie waardeer.
“Aan elke persoon wat betrokke was, insluitend al die deelnemers — dankie vir jul entoesiasme en bydrae om hierdie so 'n wonderlike kompetisie te maak. Welgedaan aan almal!”
Die onderskeie klasse durf verskillende bane en afstande aan.
Die volledige uitslae:
Klas 2: 1 Quinton Z. van Rooyen (3 ure 06 minute 52 sekondes), 2 Heiko Stranghöner (3:07:38), 3 Corné Visser (3:07:52), 4 Henner Rusch (3:17:01), 5 Gunther Gladis (3:34:29), 6 Kilian Hamm (3:37:03), 7 Kai Hennes (3:58:34), 8 Bruno Kirchner (4:20:19), 9 Nickle Visser (4:45:04).
Klas 5: 1 Jörn Greiter (3:00:06), 2 Rian Kritzinger (3:10:04), 3 Gernot Bahr (3:24:20), 4 Ronald Geiger (3:37:17), 5 Hanré Myburgh (4:09:38).
Klas 7: 1 Duard Wiese (2:26:57), 2 André Barnard (2:30:58), 3 Agilo Tegethoff (2:32:16), 4 Jean Venter (2:39:38), 5 Antonio Monteiro (2:44:08), 6 David Brown (3:08:06), 7 Tristiaan Prinsloo (3:18:18).
Klas 10 (Junior Groentjies): 1 Alex Steinfurth (1:52:09), 2 Patrick Geiger (2:03:47), 3 Max Heigan (2:09:05), 4 Harry Kibble (2:14:00), 5 Marco Visser (2:30:35), 6 Richard Jonck (2:51:30), 7 Russel Fick (3:03:51), 8 Pieter Coetzer (3:34:07).
Klas 10 (Senior Groentjies): 1 Pieter van Helsdingen (1:57:01), 2 Fanie Steenkamp (1:58:44), 3 Wouter Hough (2:07:49), 4 Stefan Gräber (2:12:08), 5 Zwayne Blaauw (2:12:21), 6 André Basson (2:15:05), 7 Jacques Jonck (2:18:06), 8 Wynandt Gouws (2:19:26), 9 Stefan Tietz (2:21:44), 10 Clive Lang (2:39:48).
Klas 11 (Beginners): 1 Llewelyn van der Westhuizen (2:11:33), 2 Cedric Wilckens (2:26:20), 3 Jean van der Westhuizen (2:45:04), 4 Johannes van der Westhuizen (3:23:17).
Klas 12 (Vroue-ontwikkelingsklas): 1 Shannon Gräber (2:09:26), 2 Melieke Steyl (2:17:50), 3 Maike Bochert (2:35:02).



Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article