Gallina opnuut ‘n orkaan van aksie

Motocross
'n Skouspel is in Augustus in die vooruitsig wanneer die sport se Afrika-kampioenskap by die Gallina-baan aangebied gaan word.
Tielman van Lill

Die eerste rondte (van agt) van die Namibiese nasionale motocross-kampioenskap was die afgelope Saterdag by die Gallina-motocross-park afgehandel.

Elkeen van die 45 jaers wat aan die agt klasse deelgeneem het, het gesorg dat die “nuwe baan” behoorlik ingewy word. Die aksiebelaaide renne is deur hoëoktaanbrandstof en puik sportmanskap aangevuur.

Met die MX of African Nations Championship (MXoAN) in gedagte wat Augustusmaand ‘n draai by Gallina gaan maak, is twee nuwe klasse vir die topjaers ingestel. MX1 maak voorsiening vir hardebaarde soos Mark Sternagel, Bjorn Bierbrauer en Tommy Gous, onder andere. Juan de Vos het die junior 125 cc-klas agtergelaat en kompeteer ook in MX1.

Gero Friederich, Sanene Wittreich en Nils Elmering is van die jaers in die MX2-klas.

Die volgende jaers het Saterdag hul onderskeie klasse met ‘n stewige puntetelling vir die kampioenskap ingepalm: Louw Schoeman (50 cc), Oliver Mathews (65 cc), Leander Metzger (85 cc), Leander Metzger (junior 125 cc), Zoë Waldschmidt (vroue), Heiko Stranghöner (veterane), Gero Friederich (MX2) en Mark Sternagel (MX1).

Sternagel het ook die King of the Dirt-kompetisie gewen wat die laaste en grootste resies van die dag was en waarin 21 jaers die toeskouers met hul asemrowende vernuf vermaak het.


DIE VOLLEDIGE UITSLAE (puntetoekenning tussen hakies)


50 cc-klas:

1 Louw Schoeman (60 punte).


65 cc-klas:

1 Oliver Mathews (75), 2 Markus Pack (61), 3 Paul Mans (61), 4 Mason Meyer (60), 5 Delmar du Plessis (54), 6 Keanu Strauss (50), 7 Sebastian Skutsch (47), 8 Maximillian Skutsch (47), 9 Duhan Hefer (41), 10 Nicky Strauss (41).


85 cc-klas:

1 Leander Metzger (75), 2 Connor Bouwer (60), 3 Riaan van der Hoven (57), 4 De Wet du Plessis (44), 5 Stiaan Hefer (38), 6 Felix Wittreich (37), 7 Duhan van Wyk (16).


Junior 125 cc-klas:

1 Leander Metzger (72), 2 Marco Lindemeier (65), 3 Kilian Hamm (64), 4 Vincent Griebel (56), 5 JC Lochner (55), 6 Valentino de Villiers (34).


Vroueklas

1 Zoë Waldschmidt (75), 2 Melanize Oberholzer (66), 3 Maike Bochert (60).


Veteraneklas:

1 Heiko Stranghöner (75), 2 Sigi Pack (64), 3 Olaf Pack (61), 4 Jörg Stranghöner (56), 5 Tony Viljoen (54), 6 Ronald Geiger (53), 7 Tertius Joubert (48), 8 JF van Eeden (15).


MX2-klas

1 Gero Friederich (75), 2 Nils Elmering (66), 3 Jens Rubow (daglisensie), 4 Sanene Wittreich (38).


MX1-klas

1 Mark Sternagel (75), 2 Bjorn Bierbrauer (64), 3 Juan de Vos (60), 4 Jarno Metzger (57), 5 Tommy Gous (56), 6 Markus Muller (51).


King of the Dirt-resies

1 Mark Sternagel (25), 2 Juan de Vos (22), 3 Bjorn Bierbrauer (20), 4 Jarno Metzger (19), 5 Tommy Gous (18), 6 Heiko Stranghöner (17), 7 Leander Metzger (16), 8 Kilian Hamm (15), 9 Olaf Pack (14), 10 Sigi Pack (13), 11 Gero Friederich (12), 12 Marco Lindemeier (11), 13 Markus Muller (10), 14 Jörg Stranghöner (9), 15 Tony Viljoen (8), 16 Nils Elmering (7), 17 Ronald Geiger (6), 18 Vincent Griebel (5), 19 JC Lochner (4), 20 Tertius Joubert (3), 21 Jens Rubow (nie klaargemaak nie).


Die res van die MX-jaarprogram vir 2026

21 Maart – Gobabis.

18 April – Gallina.

13 Junie – Omaruru.

11 Julie – Gallina.

29-30 Augustus – MX of African Nations Championship (MXoAN) by Gallina.

26 September – Swakopmund.

17 Oktober – Omaruru.

28 November – Gallina.

[email protected]