Gallina met aanskoulike aksie bederf

Motocross
Die volgende byeenkoms sal op 13 Junie by Omaruru aangebied word.
Tielman van Lill

Die derde rondte van die Namibiese Motocross-kampioenskapsreeks is die afgelope Saterdag by die Gallina-MX-baan noord van Windhoek afgehandel.

Die byeenkoms kan as puik, propvol aksie en as ‘n spanningsverhaal bestempel word waar 48 jaers elke kunsie ingespan het om in elke resies hul voorwiel eerste oor die eindstreep te kry.

Dié dag was nie sonder ‘n senutergende voorval nie. Sanene Wittreich het die toeskouers na hul asems laat snak toe hy tydens die King of the Dirt-resies ‘n slegte val reg voor hulle beleef het. Dié jeugdige yster het egter opgestaan, mediese behandeling ontvang, en self na die kuipe gestap. Hy het wel ‘n besering aan sy linkerarm wat eerste die grond getref het.

Die volgende jaers het hul onderskeie klasse gewen en waardevolle kampioenskappunte ingesamel. Sebastian Pack (50 cc, 72 punte), Oliver Mathews (65 cc, 75), Leander Metzger (85 cc, 72), Leander Metzger (junior 125 cc, 75), Zoë Botha (vroue, 72), Heiko Stranghöner (veterane, 75), Nils Elmering (MX 2, 62), Mark Sternagel (MX 1, 75). Mark het ook die King of the Dirt (KOD) ingepalm en 25 punte agter sy naam gevoeg.

Deelnemers met daglisensies kan nie kampioenskappunte verdien nie. Slegs jaers wie by die Namibiese Motorsportfederasie geregistreer is is deel van die kampioenskap.

Volledige uitslae:

 

50 cc-klas

1 Sebastian Pack (72 punte), 2 Jannie Louw (69), 3 Alexander Jacobs (daglisensie), 4 Steven Kleynhans (56), 5 Louw Schoeman (55), 6 Wynand Viviers (51).

 

65 cc-klas

1 Oliver Mathews (75), 2 Markus Pack (62), 3 Mason Meyer (62), 4 Paul Mans (57), 5 Delmar du Plessis (56), 6 Carter Bouwer (50), 7 Maximillian Skutsch (49), 8 Keanu Strauss (44), 9 Sebastian Skutsch (43), 10 Nicky Strauss (39).

 

85 cc-klas

1 Leander Metzger (72), 2 Connor Bouwer (61), 3 Riaan van der Hoven (57), 4 Stiaan Hefer (56), 5 Duhan van Wyk (53), 6 Oliver Mathews (47), 7 Felix Wittreich (33).

 

Junior 125 cc-klas

1 Leander Metzger (75), 2 Kilian Hamm (64), 3 Marco Lindemeier (62), 4 Vincent Griebel (57), 5 Valentino de Villiers (36).

 

Vroueklas

1 Zoë Botha (72), 2 Zoë Waldschmidt (69), 3 Melanize Oberholzer (60), 4 Maike Bochert (57).

 

Veteraneklas

1 Heiko Stranghöner (75), Sigi Pack (66), 3 Olaf Pack (60), 4 Jörg Stranghöner (57), 5 Ronald Geiger (53), 6 Tertius Joubert (49), 7 Thimo Martins (daglisensie), 8 JF van Eeden (15).

 

MX 2-klas

1 Nils Elmering (62), 2 Gero Friederich (44).

 

MX 1-klas

1 Mark Sternagel (75), 2 Juan de Vos (62), 3 Jarno Metzger (62), 4 Tommy Gous (58), 5 Markus Muller (55), 6 Sanene Wittreich (34).

 

King of the Dirt

1 Mark Sternagel (25), 2 Juan de Vos (22), 3 Gero Friederich (20), 4 Tommy Gous (19), 5 Heiko Stranghöner (18), 6 Leander Metzger (17), 7 Sigi Pack (16), 8 Olaf Pack (15), 9 Kilian Hamm (14), 10 Jarno Metzger (13), 11 Markus Muller (12), 12 Marco Lindemeier (11), 13 Vincent Griebel (10), 14 Jörg Stranghöner (9), 15 Ronald Geiger (8), 16 Nils Elmering (7), 17 Tertius Joubert (6).

Die byeenkoms is deur die volgende borge ondersteun: Waldschmidt Eggs, Kickstart Events & Promotions, ATA OSH-Med International, Holm’s Construction, Auto Recon Centre, In+go Storage, namXsport, Obeco, Peeboo Plumbing, Teltech, Fourie Security & Armed Response, Premier Solutions Africa, Architectural Outlet, Nahara African Safaris & Tours.

• Die vierde rondte sal op 13 Junie by Omaruru aangebied word.

[email protected]