Omaruru opnuut gasheer vir enduro-kunstenaars
Motorfietssport
Die venue vir die vierde rondte behoort opnuut uitdagings van sy eie te stel.
Die vierde rondte van die Namibiese Enduro-motorfietskampioenskap sal komende Saterdagoggend agt kilometer oos van Omaruru aangebied word. Die byeenkoms begin en eindig by die WKMX-motocrossbaan en is toeganklik vir toeskouers.
Die eerste, tweede en derde rondtes was onderskeidelik by Bergquell noord van die hoofstad, by Itumba suid van Windhoek en die Yellowstone Trials naby Avisdam afgehandel.
Al drie venues het elk sy eie unieke uitdagings aan die deelnemers gebied en Omaruru sal opnuut truuks van sy eie inhou.
Anders as vinnige motocross-renne wat op ‘n sandbaan sonder rotse en bergklimme gehou word, word tegniese enduro-kompetisies 99 persent in die veld tussen koppies en bergagtige dele met reuse-uitdagings aangedurf. Indien die ryers gelukkig is, is daar hier en daar ‘n rivierbedding wat oorgesteek moet word.
Quinton van Rooyen (ope pro-klas), Sean Kemp (senior pro-klas) en Llewelyn van der Westhuizen (beginners) het elk drie uit drie seges sover vanjaar behaal. Die trio loop voor in hul onderskeie klasse met die maksimum van 60 punte op die kampioenskappunteleer.
Die voorste uitslae by Yellowstone:
Klas 2 (ope pro)
1 Quinton van Rooyen, 2 Corné Visser, 3 Stuart Pearce, 4 Jörn Greiter, 5 Heiko Stranghöner, 6 Gunther Gladis, 7 Nickle Visser, 8 Briaan Kibble, 9 Jean Venter.
Klas 5 (senior pro)
1 Sean Kemp, 2 Rian Kritzinger, 3 Kai Hennes, 4 Hanré Myburgh, 5 Frederick van Greunen, 6 Kai Hohmeier.
Klas 7 (intermediêr)
1 Dean Schlechter, 2 André Barnard, 3 Kilian Ham, 4 Sean-Collin Gräber, 5 Holger Barth, 6 Ernst Swarts, 7 Zoë Waldschmidt, 8 Petrus Brink, 9 Colin van Schalkwyk, 10 Philip Whitehead, 11 Agilo Tegethoff, 12 Pieter Mostert, 13 AJ du Plooy, 14 Wynand Botes, 15 Stephanus du Plessis, 16 Vincent Clack.
Klas 10 (groentjies)
1 Vincent Griebel, 2 Tristiaan Prinsloo, 3 Fanie Steenkamp, 4 Schalk du Plessis, 5 Harry Kibble, 6 Wynandt Gouws, 7 Stefan Tietz.
Klas 11 (beginners)
1 Llewelyn van der Westhuizen, 2 Johannes van der Westhuizen, 3 Jean van der Westhuizen.
Vroue-ontwikkelingsklas
1 Shannon Gräber, 2 Maike Bochert.
Puntestand van die kampioenskap
Klas 2
1 Quinton van Rooyen (60 punte), 2 Corné Visser (49), 3 Jörn Greiter (41) 4 Stuart Pearce (32), 5 Nickle Visser (31), 6 Heiko Stranghöner (22), 7 Gunther Gladis (20), 8 Briaan Kibble (8), 9 Jean Venter (7).
Klas 5
1 Sean Kemp (60), 2 Rian Kritzinger (34), 3 Frederick van Greunen (33), 4 Kai Hennes (32), 5 Hanré Myburgh (26), 6 Ruan de Lange (15), 7 Ronald Geiger (15), 8 Gernot Bahr (13), 9 Kai Hohmeier (0).
Klas 7
1 André Barnard (57), 2 Kilian Ham (47), 3 Dean Schlechter (37), 4 Holger Barth (24), 5 Antonio Monteiro (24), 6 Zoë Waldschmidt (17), 7 Vincent Clack (15), 8 Sean-Collin Gräber (13), 9 Rodney Dodkins (11), 10 Ernst Swarts (10)
Klas 10
1 Vincent Griebel (50), 2 Tristiaan Prinsloo (45), 3 Sean-Collin Gräber(35), 4 Hilmar Griebel (30), 5 Fanie Steenkamp (15). 6 Schalk du Plessis (13), 7 Oliver Rohrmüller (11), 8 Harry Kibble (11), 9 Stefan Tietz (11), 10 Rolf Rohrmüller (10), 11 Wynandt Gouws (10), 12 Carsten Roland (9).
Klas 11
1 Llewelyn van der Westhuizen (60), 2 Johannes van der Westhuizen (51), 3 Jean van der Westhuizen (45)
Vroueontwikkelingsklas
1 Maike Bochert (54), 2 Shannon Gräber (40).
– [email protected]
Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article