Kudus en Mambas herwin punte
Twee opwindende botsings is die afgelope Sondag in die Nedbank Desert Ice T20 Cricket Challenge by Wanderers in Windhoek beslis.
In die eerste wedstryd het die Etungu Kudus (143/9 in 20 boulbeurte) die BDO Gobabis Bulls (138 almal uit in 19.4 boulbeurte) met vyf paaltjies geklop. Die 22 ekstralopies en 15 foutballe wat die Bulls afgestaan het, het hulle waarskynlik die wedstryd gekos.
Chris Freeman (speler van die wedstryd) met 59 lopies was uitstaande vir Kudus, terwyl hul bouler Erich Wittmann drie paaltjies vir slegs tien lopies geëis het.
Tatenda Sithole (36) en Josué Celliers (33) was die beste met die kolf vir die Bulls. Tawanda Sithole het met die bal uitgeblink en 4 paaltjies vir 26 lopies in vier boulbeurte geneem.
Kudus se lopies:
Michael Muller (5, 4 b, 1x4), Edelle van Zyl (12, 14 b, 1x4), John Valentin (3, 8 b), Chris Freeman (59, 37 b, 6x4, 3x6), Erich Wittmann (11, 10 b, 1x4), Stuart Pearce (8, 10 b, 1x4), Edgar Beuthin (20, 30 b), Zander Lombaard (0, 1 b), Francois Botes (2, 4 b), Tjaart Vorster (1* nie uit nie, 3 b). Ekstralopies: 22. Grenshoue: 13 (10x4, 3x6).
Die Bulls se paaltjies is deur Tawanda Sithole (4/26 in 4 bb), Adriaan Coetzee (1/9 in 3), Dirkie van Wyk (2/18 in 3) en Anda van Wyk (1/24 in 2) geneem.
Bulls se lopies:
Tatenda Sithole (36, 27 b, 5x4, 1x6), Adriaan Coetzee (16, 19 b, 2x4), Josué Cilliers (33, 31 b, 2x4, 1x6), Tawanda Sithole (14, 15 b, 1x4), Tiaan Jacobsz (4, 5 b), Kobus Brand (16, 5 b, 1x4, 2x6), Willem Lottering (2* nie uit nie, 5 b), SP Grobelaar (0, 2 b), Henré Opperman (8, 5 b, 1x6), Keith Kondo (1, 2 b), Dirkie van Wyk (1, 2 b). Ekstras: 7. Grenshoue: 16 (11x4, 5x6).
Die Kudus-boulers het soos volg gevaar: Zander Lombaard (1/25 in 3), Stuart Pearce (1/22 in 4), Damon Coetzee (1/32 in 4), Chris Freeman (2/30 in 4), Tjaart Vorster (1/21 in 3) en Erich Wittmann (0/5 in 1.4).
In die tweede wedstryd van die dag het die Moola Betting Green Mambas hul relatief lae totaal suksesvol verdedig toe hulle die Crazy Monkey CCD Tigers met 13 lopies geklop het, nadat die Tigers in 19 boulbeurte vir 107 uitgehaal is.
Die Mambas het eerste gekolf en 120/7 in hul 20 boulbeurte aangeteken. Die Tigers het 121 vir oorwinning gejaag, maar is kort geskiet.
Alexander Parker was die Mambas se voorste kolwer met 32* (46 balle, 2x4), terwyl Junior Taanyanda (40, 31 b, 2x4, 3x6) vir die Tigers uitgestaan het.
Francois Scheepers was die Mambas se beste bouler met 3/16 in drie boulbeurte en is as speler van die wedstryd aangewys. Johan Potgieter (3/18 in 3) het ook vir die Tigers beïndruk.
Mambas se lopies:
JW Junius (9, 5 b, 2x4), Nicol Loftie-Eaton (10, 10 b, 1x6), Henry Hayes (0, 1 b), Alexander Parker (32, 46 b, 2x4), Janneman Deysel (7, 7 b, 1x4), Salomon Nuuyoma (16, 15 b, 1x4, 1x6), Francois Scheepers (16, 12 b, 1x4, 1x6), Shaun Estes (3* nie uit nie, 3 b). Ekstras: 5. Grenshoue: 10 (7x4, 3x6).
Tigers se lopies:
Nico Koekemoer (5, 18 b, 1x4), Priester Jansen (0, 0 b), Riego Julie (31, 41 b, 1x4), Junior Taanyanda (40, 31 b, 2x4, 3x6), Simon Shikongo (2, 3 b), Geo Haasbroek (1, 3 b), Quincy Beukes (0, 2 b), Jaden Cloete (2, 1 b), Jacques Koekemoer (8, 9 b, 1x4), Johan Potgieter (3, 3 b), Takunda Matimbe (4* nie uit nie, 4 b). Ekstras: 11. Grenshoue: 8 (5x4, 3x6).
Die Mambas-boulers het soos volg gevaar: Eathen du Toit (1/11 in 3), Salomon Nuuyoma (1/16 in 3), Shaun Estes (1/23 in 4) en Francois Scheepers (3/16 in 3). Eathen du Toit was die mees ekonomiese bouler met 3.67 lopies per boulbeurt.
Ligapunte:
1. Green Mambas 8 (5 wedstryde, 4 oorwinnings)
2. Gobabis Bulls 8 (5, 4)
3. Run Whisperers 4 (3, 2)
4. Central Sunrisers 4 (4, 2)
5. Tigers 4 (4, 2)
6. Warriors 4 (6, 2)
7. Kudus 4 (5, 2)
8. UNAM Zebras 2 (6, 1)



Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article