Eagles raap reeks op
Die besoekende staatspan van die Vidarbha-krieketvereniging het die afgelope Maandag sy derde eendagwedstryd in die hoofstad verloor.
Met dié sege het die FNB Eagles die reeks van vyf wedstryde met gemak beklink.
Goeie kolfbeurte deur Jan Frylinck (103 lopies), Louren Steenkamp (73), Nicol Loftie-Eaton (66* nie uit nie) en Zane Green (34* nie uit nie) het die Eagles gehelp om die wenteiken te bereik. Namibië het met 297/4 in 48.2 boulbeurte gewen nadat Vidarbha 296/9 in sy 50 boulbeurte aangeteken het.
Loftie-Eaton was dodelik met sy draaiballe en het vier paaltjies vir slegs 18 lopies in vier boulbeurte geneem. Jack Brassell het twee paaltjies laat kantel, terwyl Waldo Smith, Max Heingo en JC Balt elk een geneem het.
Namibië se lopies
- Michael van Lingen (7 lopies, 8 balle, 1x4, treftempo 88%)
- Alexander Volschenk (4, 4 b, 100%)
- Jan Frylinck (103, 119 b, 7x4, 4x6, 87%)
- Louren Steenkamp (73, 85 b, 4x4, 4x6, 86%)
- Nicol Loftie-Eaton (66* nie uit nie, 51 b, 3x4, 4x6, 129%)
- Zane Green (34* nie uit nie, 24 b, 5x4, 142%)
Ekstralopies: 10.
Grenshoue: 32 (20x4, 12x6) – 152 lopies.
Nie gekolf nie: Jack Brassell, Bernard Scholtz, JC Balt, Max Heingo en Waldo Smith.
Paaltjies vir Vidarbha
- Saurabh Dubey (1/50 in 7 boulbeurte, ekonomie 7.14)
- Aditya Thakre (1/49 in 7, 7.00)
- Jagjot Singh (1/36 in 6, 6.00)
Vidarbha se meeste lopies is deur drie kolwers aangeteken. Adhyayan Daga (43, 44 b, 4x4, 2x6, 98%), Yash Rathod (71, 81 b, 3x4, 1x6, 88%) en Yash Kadam (50, 42 b, 3x4, 3x6, 119%) was goed op dreef.
Ekstralopies: 25.
Grenshoue: 27 (20x4, 7x6) – 122 lopies.
Paaltjies vir Namibië
- Nicol Loftie-Eaton (4/18 in 4 boulbeurte, ekonomie 4.50)
- Jack Brassell (2/65 in 10, 6.50)
- JC Balt (1/50 in 10, 5.00)
- Max Heingo (1/53 in 8, 6.62)
- Waldo Smith (1/61 in 8, 7.62)
Speler van die wedstryd: Nicol Loftie-Eaton.
Die twee spanne speel vandag (Woensdag 8 Julie) hul vierde eendagwedstryd by die FNB Namibië Krieketstadion in Windhoek.



Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article