Bulls, Sunrisers en Whisperers eindig met momentum
Die BDO Gobabis Bulls, Windhoek Autohaus Central Sunrisers en YouTrack Fleet Management Run Whisperers het die afgelope Saterdag en Sondag by Wanderers in Windhoek hul wedstryde in die 2026 Nedbank Desert Ice T20 Cricket Challenge gewen.
Die Bulls het Saterdag die Crazy Monkey CCD Tigers naelskraap met agt lopies geklop en Sondag die Run Whisperers met 87 lopies oorskadu. Die Run Whisperers het Saterdag op hul beurt hul kragmeting teen die Central Sunrisers met nege paaltjies gewen. Ná hul groot nederlaag teen die Run Whisperers het die Central Sunrisers Sondag op al hul silinders gevuur en die Moola Betting Green Mambas met agt paaltjies geklop.
Die Gobabis Bulls (12 punte), Green Mambas (8), Run Whisperers (8) en CCD Tigers (8) sal in die halfeindrondes speel. Die uitslag van die finale wedstryd tussen die Green Mambas en Run Whisperers komende Sondag sal bepaal watter spanne in die twee halfeindstrydwedstryde op 1 en 2 Augustus teen mekaar sal te staan kom.
Sondagoggend
Gobabis Bulls (238 lopies vir die verlies van 3 paaltjies in 20 boulbeurte), Run Whisperers (151 almal uit in 19.5 boulbeurte).
Keith Kondo (109* lopies nie uit nie) van die Bulls is as speler van die wedstryd aangewys nadat hy en Kobus Brand (47* lopies) ’n groot rol in hul sege gespeel het. Willem Lottering van die Bulls was die topbouler met vier paaltjies vir 28 lopies in sy 3.5 boulbeurte.
Bulls se lopies
Henré Opperman (8 lopies, 6 balle, 1x4), Keith Kondo (109*, 59 balle, 10x4, 7x6, treftempo 185%), Josue Celliers (28, 18 balle, 2x4, 1x6, 155%), Tawanda Sithole (37, 21 balle, 2x4, 3x6, 176%), Kobus Brand (47*, 18 balle, 1x4, 6x6, 261%). Ekstralopies: 9. Grenshoue: 34 (17x4, 17x6).
Paaltjies vir Run Whisperers
Jandré de Jager (1/29 in 4 boulbeurte, ekonomie 7.25), Erik Lintveld (1/27 in 3, ekonomie 9), Ewan Lombaard (1/44 in 2, ekonomie 22).
Run Whisperers se lopies
Malan Morkel (20, 12 balle, 2x4, 1x6, 166%), Nyasha Nyashadzaishe (31, 23 balle, 3x4, 2x6, 135%), Nicolaas Buys senior (8, 11 balle, 1x4, 73%), Erik Lintveld (39, 38 balle, 2x4, 1x6, 103%), Jandré de Jager (14, 14 balle, 2x4, 100%), Carlo Lacante (3, 6 balle, 50%), Abri Oberholzer (0, 1 bal), Nirav Ladani (12, 10 balle, 2x4, 120%), Ewan Lombaard (5, 4 balle, 125%), Asad Abbas (1, 1 bal), Kairavbir Singh Malhotra (0, 1 bal). Ekstralopies: 18. Grenshoue: 16 (12x4, 4x6).
Paaltjies vir Bulls
Willem Lottering (4/28 in 3.5, ekonomie 7.3), Fungayi Hlupo junior (1/33 in 4, ekonomie 8.25), Tawanda Sithole (1/16 in 2, ekonomie 8), NG Swart (1/17 in 3, ekonomie 5.67), JP Blignaut (1/18 in 3, ekonomie 6), Dirkie van Wyk (1/12 in 2, ekonomie 6), Kobus Brand (1/19 in 2, ekonomie 9.5).
Sondagnamiddag
Central Sunrisers (119/2 in 16.4), Green Mambas (118 almal uit in 20).
Henco van der Merwe van die wenspan was speler van die wedstryd. Hy het 77* lopies onoorwonne geslaan en twee paaltjies geneem.
Central Sunrisers se lopies
Henco van der Merwe (77*, 55 balle, 8x4, 1x6, 140+ treftempo), Shaun Fouché (18, 21 balle, 1x4, 86%), Conrad Jacobs (4, 12 balle, 38%), Rowan van Vuuren (11*, 12 balle, 1x4, 91%). Ekstralopies: 9. Grenshoue: 11 (10x4, 1x6).
Paaltjies vir Green Mambas
Johan Geldenhuys (2/24 in 4, ekonomie 6).
Green Mambas se lopies
Dieter Vogelhubert (18, 24 balle, 2x4, 1x6, 75%), Hendrik Geldenhuys (13, 15 balle, 2x4, 86%), Henry Haes (4, 3 balle, 1x4, 133%), Alexander Parker (4, 12 balle, 1x4, 38%), Christiaan Schumacher (35*, 32 balle, 4x4, 109%), Handré Klazinga (30, 14 balle, 3x4, 2x6, 214%), Jaco Schoonbee (1, 5 balle, 20%), Francois Scheepers (3, 6 balle, 50%), Johan Geldenhuys (0, 4 balle), Abrie Fourie (0, 1 bal), Shaun Eastes (3, 4 balle, 75%). Ekstralopies: 7. Grenshoue: 16 (13x4, 3x6).
Paaltjies vir Central Sunrisers
Shaun Fouché (2/19 in 4, ekonomie 4.75), Henco van der Merwe (2/12 in 4, ekonomie 3), Albert de Klerk (2/30 in 4, ekonomie 7.5), Rowan van Vuuren (1/21 in 4, ekonomie 5.25), Perlo Hitiraukanga (1/8 in 2, ekonomie 4).
Saterdagoggend
Gobabis Bulls (152/9 in 20), CCD Tigers (144/8 in 20).
Nicardo Pienaar van die Tigers was speler van die wedstryd vir sy 30* lopies (1x4, 3x6, 136%) en twee paaltjies vir 29 lopies in twee boulbeurte. Hy was ook Tigers se topkolwer. Die Tigers het 15 grenshoue behaal (8x4, 7x6).
Josue Celliers (38, 30 balle, 3x4, 2x6, 126%) was die Bulls se topkolwer. Die Bulls het 18 grenshoue geslaan (10x4, 8x6). NG Swart en Kobus Brand het albei twee paaltjies geneem, terwyl Willem Lottering, Armand Smith en Dirkie van Wyk elk een slagoffer geneem het.
Paaltjies vir Tigers
Johan Potgieter (3), Nicardo Pienaar (2), Jacques Koekemoer, Simon Shikongo en Geo Haasbroek een elk.
Saterdagnamiddag
Run Whisperers (127/1 in 12.1), Central Sunrisers (124/5 in 20).
Nyasha Nyashadzaishe was speler van die wedstryd met 82* lopies vir die wenspan. Hy het vyf viere en agt sesse geslaan en ook een paaltjie vir 12 lopies in drie boulbeurte geneem.
Shaun Fouché (31) en Rowan van Vuuren (37*) het die meeste lopies vir die Central Sunrisers aangeteken. Van Vuuren het die enigste paaltjie vir sy span geneem.
Punteleer
Elke span speel sewe wedstryde. Net die Green Mambas en Run Whisperers het nog elk ’n wedstryd teen mekaar oor.
- Gobabis Bulls (12 punte)
- Green Mambas (8)
- Run Whisperers (8)
- CCD Tigers (8)
- Central Sunrisers (6)
- Warriors (4)
- Kudus (4)
- Unam Zebras (4)



Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article