Abbas knoop Mambas vas
Die laaste groepwedstryd van die 2026 Nedbank Desert Ice T20 Cricket Challenge is die afgelope Sondag in Windhoek afgehandel.
Die YouTrack Fleet Management Run Whisperers (160/4 in 20 boulbeurte) het die Moola Betting Green Mambas (59 almal uit in 10.5 boulbeurte) by Wanderers met 101 lopies geklop.
Asad Abbas, draaibalbouler van die Whisperers, het amok gemaak en die Mambas behoorlik vasgeknoop. Hy het ses paaltjies vir 10 lopies in 3.5 boulbeurte geneem – die beste boulsyfers van die toernooi.
Dieselfde twee spanne pak mekaar weer op 1 Augustus in die halfeindstryd by United. Die wenner speel die volgende dag, ook by United, teen die BDO Gobabis Bulls om die kampioenskapstitel.
Die topdrie op die punteleer het soos volg geëindig:
- Bulls – 12 punte (ses seges uit sewe wedstryde)
- Whisperers – 10 punte (vyf seges uit sewe wedstryde)
- Mambas – 8 punte (vier seges uit sewe wedstryde)
Whisperers se lopies
- Nirav Ladani (44 lopies, 38 balle, 4x4, 2x6, treftempo 116%)
- Nyasha Nyashadzaishe (28, 26 b, 4x4, 108%)
- Nicolaas Buys senior (19, 15 b, 1x4, 1x6, 127%)
- Wessel Myburgh (33* nie uit nie, 22 b, 3x4, 1x6, 150%)
- Abri Oberholzer (0, 4 b)
- Erik Lintvelt (17* nie uit nie, 16 b, 1x6, 106%)
Ekstralopies: 19.
Grenshoue: 17 (12x4, 5x6) – 78 lopies.
Nie gekolf nie: Pieter Meuwesen, Ned Webster, Ewan Lombaard, Lucas Kruger, Asad Abbas en Kairavbir Singh Malhotra.
Paaltjies vir die Mambas
- Johan Geldenhuys (2/19 in 4 boulbeurte, ekonomie 4.75)
- Christian Schumacher (1/19 in 2, 9.50)
Mambas se lopies
- JW Junius (13, 6 b, 2x6, 217%)
- Henry Hayes (29, 19 b, 2x4, 3x6, 153%)
- Christian Schumacher (1, 4 b, 25%)
- Handré Klazinga (0, 2 b)
- Alexander Parker (1, 7 b, 14%)
- Dieter Vogelhubert (1, 3 b, 33%)
- Janneman Deysel (2, 5 b, 40%)
- Johan Geldenhuys (0, 5 b)
- Joss Zondagh (7* nie uit nie, 5 b, 140%)
- Steven Delport (2, 8 b, 25%)
- Salomon Nuuyoma (0, 1 b)
Ekstralopies: 3.
Grenshoue: 7 (2x4, 5x6) – 38 lopies.
Paaltjies vir die Whisperers
- Lucas Kruger (1/13 in 1, 13.00)
- Nyasha Nyashadzaishe (1/0 in 1, 0.00)
- Asad Abbas (6/10 in 3.5, 2.61)
- Kairavbir Singh Malhotra (1/6 in 2, 3.00)



Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article