Virtuele gholfdag op Mariental ‘n groot sukses
Mariental het laas Vrydag sover bekend die eerste virtuele gholfdag in Namibië aangebied – en dit was ‘n groot sukses. Almal het dit baie geniet en die dag was vol goeie gees en lekker kompetisie.
Alles was Vrydag gereed vir die Inteligro gholfdag. Maar toe begin die dag met heerlike reën – iets waarvoor die gemeenskap altyd dankbaar is – en organiseerders het besluit om die beste van die saak te maak.
Altesaam 36 spelers het deelgeneem, verdeel in spanne van drie.
Mariental sien uit daarna om in die toekoms moontlik teen ander klubs deel te neem, en selfs Namibië teen ander lande te verteenwoordig!
Die voorste uitslae:
1 JR Strydom, Joubert Steyn en Marius du Plessis.
2 GJ van der Merwe, Kallie Cilliers en Hanno (RSA.)
3 Dandré du Plessis, Herbert Simon en Anja Nel.
Pryse vir houe naaste aan die pen is deur Francois (RSA) en Cobus de Klerk losgeslaan, terwyl JR Strydom en Francois ook vir langste dryfhoue beloon is.



Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article