Vilbert uitblinker in Race to Omeya

Gholf
Sportredaksie

Omeya Golfklub se rondte 3 van die gewilde 2026-2027 Race to Omeya-reeks is die afgelope naweek aangebied.

Altesame 85 spelers het deelgeneem en is behoorlik bederf deur die borg vir die rondte, Namib Diesel. Die klub sê baie geluk aan al die wenners:

Die individuele manswenner was Emile Vilbert met ‘n puik telling van 41 punte.

Mans A-afdeling: 1 Joggie van Schalkwyk (36 punte), 2 Cilliers Sachse (35), 3 Rudolph Verburg (35).

Mans B-afdeling: 1 Brand Geldenhuys (39), 2 Cobus de Klerk (38, uittel), 2 Jaco Meuwesen (38).

Seniors: 1 Ernst Nitschke (39, uittel), 2 Muis Burger (39).

Vroue: 1 Dina Holtzhausen (39), 2 Carlin Schumann (38).

Juniors: 1 JP le Grange (34), 2 Declan Renton (31).

Twee pryse vir houe naaste aan die pen (op putjies 4 en 17) is beide deur Anecia le Grange losgeslaan.