Omeya-pare dring deur
Rondte 2 van Omeya-gholfklub se kwalifisering vir die King Price Internasionale Parespelreeks is laas Saterdag afgehandel. Die organiseerders wens die wenners geluk en voorspoed toe vir die latere streekfinaal, en spreek ook hul dank uit teenoor King Price en Castle Lite vir volgehoue steun as borge. Die toernooi se topdrie pare was Ina Maier en Brenda Lens (47 punte), tweede Cliffie de Witt en Eugene Lofty-Eaton (45, uittel) en derde Mark Anslow en Gareth Jones (45). Met houe naaste aan die pen het Chris Harwin (putjie 7) en Juan Muller (putjie 14) met pryse weggestap. Van links staan Cliffie de Witt, Eugene Lofty-Eaton, Wietz Meyer (King Price), Ina Maier, Brenda Lens, J. Hoffman (King Price), Mark Anslow en Gareth Jones. Foto verskaf



Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article