Kaapse skoolseun wen Omeya Ope
Omeya-gholfklub het die afgelope naweek die 2026 Bachmus Omey Ope aangebied. Altesame 83 spelers van oraloor Namibië, Suid Afrika en selfs Australië het aan die Ope deelgeneem.
Dit was die eerste keer dat Omeya die Ope oor drie rondtes vir spelers in die A- en B-afdeling aangebied het. Hierdie spelers se uitslae tel nou vir die Wêreldamateurgholfranglys (WAGR).
Die algehele wenner, Evan Marais, is ‘n skoolseun van die Wes-Kaap wat saam met Paul Roos Gimnasium se gholfspan teen die plaaslike Namkids-kombinasie meegeding het.
Marais het op sy sosiale media geskryf: “My eerste oorwinning op die WAGR-reeks – en wat ‘n besonder gholfbaan om dit op te doen. Baie verskillend van waaraan ek gewoond is, maar dit was ‘n prettige uitdaging om te leer hoe om op dié baan te speel. Groot dank aan Paul Roos Gimnasium vir die geleentheid en die platform om op hierdie vlak mee te ding.”
Marais se onlangse prestasies sluit gesamentlike derde posisies in twee groot junior toernooie in Suid-Afrika gedurende Juliemaand in – die SA o.17-seunskampioenskap by Clovelly-gholfklub in die Wes-Kaap, asook die Nedbank Junior Uitdaagtoernooi in Sun City.
Die organiseerders bedank Bachmus vir hul ondersteuning van die Omeya Ope, asook aan al die personeel en vrywilligers wat hard gewerk het om die naweek ’n groot sukses te maak.
Die wenners in die onderskeie afdelings:
Omeya Ope Wenner: Evan Marais.
Vroue, Omeya Ope Wenner: Anja Wessels.
Seniors, Omeya Ope Wenner: Francois Hanekom.
Algeheel beste bruto: Evan Marais.
Algeheel beste netto: Declan Renton.
A-afdeling, beste bruto: Samuel Nel.
A-afdeling, beste netto: Christopher du Rand.
B-afdeling, beste bruto: Alfred Ndyenge.
B-afdeling, beste netto: Milton Eiseb.
C-afdeling beste bruto: Gura Sipho.
C-afdeling beste netto: Andrew Muller.
Stableford manswenner: Ferdie Graupe.
Seniors beste bruto: Francois Hanekom.
Seniors beste netto: Riaan Schwartz.
Seniors stableford: Douglas Holtzhausen.
Vroue algehele beste bruto: Anja Wessels.
Vroue algehele beste netto: Dina Holtzhausen.
Vroue A-afdeling beste bruto: Alvine Samuel.
Vroue A-afdeling beste netto: Brenda Lens.
Vroue B-afdeling beste bruto: Mary-Ann Boltmann.
Vroue B-afdeling beste netto: Secilia Nkoshi.
Vroue stablefordwenner: Esther van Taak.



Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article