Eerste wenners in Omeya-reeks vat pryse

Gholf
Verskeie wenners het pryse vir houe naaste aan die pen ontvang.
Sportredaksie

Rondte een van Omeya-gholfklub se 2026 Novel Par 3-reeks het afgelope Vrydag afgeskop. Die reeks bestaan uit ses rondtes, waarvan elke speler se beste vier sal tel om die algehele wenner te bepaal. Die formaat (netto medalje) is baie gewild en en bied aan spelers ‘n uitdaging. Die “Par 3”- reeks word oor 12 putjies gespeel wat elk in afstand verkort is tot syfer 3-lengtes.

Die organiseerders bedank Novel Motor Company vir hul volgehoue ondersteuning.

Die voorste uitslae:

A-afdeling: 1 Craig Bassingwaite (31 houe), 2 Milton Eiseb (32), 3 Francois Hanekom (34, uittel), 4 Fergusson Paulse (34).

B-afdeling: 1 Len Haasbroek (31), 2 Herman Mouton (32), 3 Stefan Venter (33), 4 Anton Kuhn (34).

Juniors: 1 Declan Renton (33).

Vroue: 1 Esther Verburg (31).

Verskeie wenners het pryse vir houe naaste aan die pen ontvang, naamlik Albert de Klerk (putjie 1), Anecia le Grange (putjie 2), Chris Harwin (putjie 3), Morné Engelbrecht (putjie 4), Adam Bassingwaighte (putjie 5), Lukas Dreyer (putjie 6), Len Haasbroek (putjie 7 en putjie 13), Frikkie le Grange (putjie 8), Francois Hanekom (putjie 15), Milton Eiseb (putjie 16) en Johan Jansen van Vuuren (putjie 17).