Doulaine en Samuel vat Swakop Ope-titels
Die Rössmund Gholfklub op Swakopmund het laas naweek vir die sewende opeenvolgende jaar die Standard Bank Swakop Ope-toernooi aangebied wat 'n veld van 63 spelers (insluitend 13 vroue en vyf juniors) van al die groot klubs in die land betrek het.
Saterdag se weersomstandighede was perfek. In die oggendrondte het Samuel Nel en Edwin Kutara tellings van 74 aangeteken.
Ondanks Kutara se bestendige gholf in die middagrondte, het Nel met 'n gelyk-aan-baansyfer 72 bruto seker gemaak hy begin Sondag met 'n voorsprong van vier houe. In die Sondag-rondte was Nel weer gelyk aan baansyfer, terwyl Kutara weer vier houe afgestaan het.
In die vrouekompetisie het Doulaine Holtzhausen daarin geslaag om dag een met ‘n enkele hou voor Wilna Bredenhann af te sluit. Sondagoggend was temperature heelwat laer met 'n koue suidwestewind wat die spelers begroet het, maar Doulaine het haar voet op die pedaal gehou en 'n bruto telling van 84 bruto teenoor Wilna se 90 behaal – wat tot 'n splinternuwe vrouekampioen gelei het.
Die organiseerders sê welgedaan aan al die spelers en 'n groot dank aan Standard Bank vir hul volgehoue steun van die toernooi, asook aan Christine Mahenga van die Standard Bank Swakopmund-tak wat by die prysuitdeling hanteer het.
Die president van NAGU (Namibiese Amateur Gholfunie), Toady Gurirab, het almal bedank wat hard gewerk het om die toernooi 'n sukses te maak. Hy het ook die Namibiese manspan alle sterkte toegewens met hul komende uitdagings.
Die voorste uitslae:
Algehele beste bruto (kampioen): 1 Samuel Nel 218; 2 Edwin Kutara 224.
Algeheel beste netto: 1 George Murasiki 214; 2 Paulus Shifonono 215.
A-afdeling beste bruto: 1 Jean du Toit 230; 2 Kasoma Paulino 232.
A-afdeling beste netto: 1 Hans Naobeb 222; 2 Eli Mbango 224.
B-afdeling beste bruto: 1 Heinrich Simon 256; 2 Richard Grobler 264 (uittel).
B-afdeling beste netto: 1 Helmut Ndjendja 224; 2 Joseph Martin 231.
C-afdeling beste bruto: 1 Duschan Feris 168; 2 Clive Lawrence 188 (uittel).
C-afdeling beste netto: 1 Benjamin van Wyk 144; 2 Silas Shatumbu 152.
VROUE algehele beste bruto (kampioen): 1 Doulaine Holtzhausen 168; 2 Wilna Bredenhann 175.
Algehele beste netto: 1 Marina Ludwig 145; 2 Tiekie de Wet 157.
Vroue A-afdeling: Anecia le Grange beste bruto 182; Mary-Ann Boltman beste netto 164.
Vroue B-afdeling: Suene Venter beste bruto 195; Natasja Louw beste netto 159.
Stableford: 1 Achmet Abrahams (68 punte); 2 Corneels Jafta (65); 3 Carel de Jager (63).



Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article