De Witt kraai koning in Omeya-reeks
Die Omeya-gholfklub het Saterdag die finale rondte van sy 2025-2026 Race to Omeya reeks aangebied, waarna die algehele reekswenners ook bevestig en aangekondig is.
Ná afloop van die reeks word die top-12 spelers op die merietelys gekies vir die Members Cup Finaal (in ‘n Ryderbeker-formaat) wat op 24 en 25 April tussen twee spanne (Huiseienaars teen Klublede) gespeel word.
Die organiseerders bedank al die borge wat die reeks moontlik gemaak het.
Saterdag se wenners:
Algehele wenner: Dmitri Renton (44 punte).
A-afdeling: 1 Paul Verburg (39 punte), 2 Gareth Howard (37), 3 Joggie van Schalkwyk (36).
B-afdeling: 1 Alaric Britz (41 punte), 2 Douglas Schoombee (36), 3 Milton Eiseb (35).
Vroue: 1 Dina Holtzhausen (38), 2 Anecia le Grange (37).
Juniors: 1 JP le Grange (35), 2 Declan Renton (31).
Seniors: 1 Johan Jansen van Vuuren (38), 2 Len Haasbroek (35).
Pryse vir houe naaste aan die pen is deur JP le Grange (putjie 4) en Jaco Meuwesen (putjie 14) ingepalm.
• Die algehele reekswenners:
Mans: 1 Cliffie de Witt (181 punte), 2 Eugene Lofty-Eaton (177), 3 Gareth Howard (176).
Vroue: Carlin Schumann (197).
Seniors: JP van Dyk (159).
Juniors: JP le Grange (180).



Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article