Besoeker vat topprys in Sperrgebiet Ope
Die Sperrgebiet Ope in Oranjemund is jaarliks een van die Namibiese Amateurgholfunie se toernooie landswyd wat vir spelers punte op die nasionale merietelys verdien.
By die 2026-toernooi op 11 en 12 April was 71 spelers (67 mans en vier vrouespelers) in aksie, insluitend tien besoekers uit Namakwaland in Suid-Afrika.
Dit was ’n naelskraapse oorwinning vir Jamian Cloete van Springbok-gholfklub met ‘n bruto telling van een hou voor Jaque Basson (Black Mountain-gholfklub van Aggeneys) en Edwin Kutara (Oshakati-gholfklub).
Dit was die 31ste jaar dat Vivo Energy Namibia die titelborg van die Sperrgebiet Ope was.
Die voorste uitslae:
Algeheel beste bruto (toernooiwenner): 1 Jamian Cloete (233), 2 Jacques Basson (234).
Algeheel beste netto: 1 Fabie Shilongo (C-afdeling, 209, op uittel), 2 Hennie Kamfer (C-afdeling, 209).
A-afdeling beste bruto: 1 Edwin Kutara (234), 2 Nico Maass (241).
A-afdeling beste netto: 1 Raymond Nel (223), 2 Willem Beukes (227).
B-afdeling beste bruto: 1 Lukas Steven (253), 2 Jivino Polster (257).
B-afdeling beste netto: 1 Jacques Rademeyer (222), 2 Helmut Ndjendja (224).
C-afdeling beste bruto: 1 Theo Kafita (270), 2 Thomas Shitaleni (272).
C-afdeling beste netto: 1 Patrick Loxton (223), 2 Yolanda Pienaar (223).
D-afdeling (netto): 1 Terrance Holland (79), 2 Frans Jooste (77), 3 Joseph Matare (74), 4 Quintin Hanstein (73).



Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article