Tien legendes takel huidige bestes
Gholf
‘n Interessante stryd tussen ‘n nie-amptelike Namibiese manspan en ‘n Namibiese Legendes-uitnodigingspan – elkeen met tien spelers – wag Saterdag en Sondag op die gholfbaan van Omeya.Hydroweld Trading is die hoofborg van die Tournament of Titans, in samewerking met verskeie ander bydraende borge.
Brendan Britten was laas week die kaptein van die Namibiese manspan wat by die Streek 5-toernooi in Gaborone in die vierde posisie ná Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe klaargemaak het. Hy sal opnuut die leier wees vir die beste beskikbare Namibië-span wat op grond van die nasionale merietelys saamgestel kon word.
Sy eweknie vir die Legendes is Werner Lassen, wat in die vroeë 2000’s die plaaslike sport oorheers het, met vele van sy destydse maats Andrew Dodds, Joe Nawanga, Francois Hanekom en ander ook in sy span.
Die formaat vir Saterdag sal beterbval vir die oggendsessie en vierspel in die namiddag wees, voordat die enkelspel van Sondag ‘n beslissende rondte kan wees.
Die Namibiese Legendes-uitnodigingspan:
Werner Lassen (spankaptein, Omeya)
Francois Hanekom (Omeya)
Jaco van Reenen (Omeya)
Graeme Fransman (Windhoek-gholfklub)
Gert Olivier (Walvisbaai)
Alec Wiliams (Omeya)
Joe Nawanga (Windhoek-gholfklub)
Andrew Dodds (Windhoek-gholfklub)
Grant Mather (Walvisbaai)
Kevin Wentzel (Walvisbaai)
Die Namibiese span:
Alfred Ndyenge (Windhoek-gholfklub)
Damian da Silva (Windhoek-gholfklub)
Todd Parker (Omeya)
Brendan Britten (spankaptein, Windhoek-gholfklub)
Justus Amutenya (Windhoek-gholfklub)
Jackson Kawaya (Tsumeb)
Wensley Haseb (Tsumeb)
Armand Smit (Windhoek-gholfklub)
Lucas Steven (Windhoek-gholfklub)
Mervin Johnny Nangolo (Windhoek-gholfklub)
Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article