Sun City wink vir land se beste gholfpaar
Gholf
Die nasionale eindrondte van die King Price Internasionale Parespel gholfreeks word komende naweek gehou.Die kompetisie sal oor 36 putjies wees met 18 putjies op Vrydag 5 September by Omeya gholfklub, voordat die laaste 18 putjies op Saterdag 6 September by Windhoek gholfklub gespeel word.
'n Totaal van 30 pare van gholfklubs oraloor die land het gekwalifiseer vir die finaal, waar spelers vanaf 85% van hul berekende voorgee sal speel nadat 'n voorgee-indeks van hul laagste indeks oor die afgelope 12 maande toegepas is. Alle spelers moet hul Vrydag-telling teen 23:00 Vrydagaand vir die elektroniese stelsel invoer, aangesien voorgeë vir die Saterdag-rondte op datum gebring sal word.
Vrydag by Omeya sal alle spelers om 11:00 by verskillende putjies begin speel (shotgun start). Saterdag se loting sal op die Vrydag-telling gebaseer wees en spelers sal by Windhoek-gholfklub by óf die eerste óf die tiende bof afslaan.
Die prysuitdelingsfunksie Saterdag sal omstreeks 17:00 op die boonste verdieping van die Windhoek-gholfklub se klubhuis gehou word.
Namibië se wenpaar kwalifiseer vir 'n ten volle betaalde reis na Sun City om aan die Internasionale Pare Wêreldfinaal (6 tot 10 Oktober) deel te neem. Die Internasionale Pare-reeks word as die grootste van sy soort ter wêreld bestempel.
Die kwalifiserende spelers van elke klub:
Hentiesbaai-gholfklub: Lukas Kotze, Wilma van der Merwe, Wilna Bredenhann, Philippus Bredenhann, Henjan van der Hyde, Hendrik Labuschagne.
Rössmund-gholfklub: Helmut Ndjendja, Achmet Abrahams, Clive Lawrence, Mark Jacobs.
Walvisbaai-gholfklub: B. Venter, Thomas Wolff, Charles Shayamano, Nathaniel Mudzingwa.
Oranjemund-gholfklub: Arno Pienaar, Yolanda Pienaar, Raymond Nel, Luke Moller, De Villiers de Wit, Willem van Vreden.
Rosh Pinah-gholfklub: Chesney Anderson, Frank Beukes.
Windhoek-gholfklub: Desmond van der Merwe, John Williams, Antonio Gamito, Hendrik du Toit, Milton Eiseb, Fergusson Paulse, Elias Mulombwelwa, Monty Rukoro, Anton Smit, Pieter Conradie, Peter Shikongo, Peter Nghinyotwa, Marco Vollgraaff, Melt van Schoor, John Chadyiwa, Wisdom Moyo, Jano van der Walt, Shaun Smith, Alvine Samuel, Likius Nande.
Omeya-gholfklub: Albert de Klerk, Jared Mathews, Peter Johns, Johannes Crafford, Merik Schoozi, Chris Classen.
Okahandja-gholfklub: Dewald du Rand, Freddie Koch.
Mariental-gholfklub: JR Strydom, Joubert Steyn, Morne Blaauw, Dewald van der Merwe.
Oshakati-gholfklub: Johannes Nelson, Antonius Amugongo, Wayne Benjamin, Jeremiah Andreas, Mervin Hilundwa, Gebhard Mbako.
Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article