Nog drie pare deur na streekfinaal

Gholf
Die Windhoek Gholfklub het sy derde kwalifiserende toernooi in die King Price Internasionale Parespelreeks vir 2025 laas naweek aangebied.

Altesame 31 spanne het ingeskryf, met die topdrie pare van die naweek wat tot die streekfinaal in Augustus deurdring. Pryse vir die wenners is deur ABInBev geborg.

Die voorste uitslae:

1 Desmond van der Merwe en John Williams (46 punte)

2 Wynand Slabbert en Burger Bergh (45, uittel)

3 Jolene van Schoor en Danie van Schoor (45)

4 Paul Adkins en Rochel Celliers (44, uittel)

5 Melt van Schoor en Ian Wood (44)

Pryse vir die houe naaste aan die pen is deur Trevor Colmer (putjie 3) en Andre Visser (putjie 17) ingepalm.

Op die komende langnaweek word geen kompetisie by die klub aangebied nie, maar spelers is welkom om hul eie sosiale spel te reël.