Brits wen medaljetoernooi by Whk-klub

Gholf
Die Windhoek Gholfklub het laas naweek met trots die vierde van sewe maandelikse toernooie in die medaljeformaat aangebied, in ‘n reeks wat deur ABInBev geborg word.

Die reeks dien om die klub se medaljekampioen vir die jaar te bepaal. Die topspelers dring ook deur om in die Toernooi van Kampioene betrokke te wees, waar die top-24 aan die einde van die jaar in spanne van twaalf elk in ‘n kompetisie oor 54 putjies betrokke sal wees.

Laas Saterdag het 56 spelers deelgeneem, wat nie ‘n besonderse groot groep is nie, maar goeie tellings is nietemin aangeteken in die oorwegend warm en sonnige weersomstandighede.

Die voorste uitslae:

Algehele wenner: 1 Charl Brits (bruto 77 houe; voorgee 12).

A-afdeling (voorgee 13 en minder).

1 Stefanus Reitz (82 houe, voorgee 13).

2 Fergusson Paulse (78, voorgee 8).

3 Milton Eiseb (81, voorgee 10)..

4 Corneels Jafta (83, voorgee 12)

5 Melt van Schoor (84, voorgee 13).

B-afdeling (voorgee 14-18)

1 Inocencio Verde (86, voorgee 17).

2 Aldo Beukes (87, voorgee 17).

3 Toady Gurirab (90, voorgee 16).

C-afdeling (voorgee 19 en hoër)

1 Johann Archer (88, voorgee 20).

2 Wilfried Emvula (90, voorgee 21).

3 Vilho Ndaikile (104, voorgee 29).

Vroue

1 Hansina Hinda (98, voorgee 26).

2 Celonika Robinson (96, voorgee 22).

3 Ester Emvula (108, voorgee 33).

Drie gelukspryse geborg deur The Corner Butcher is uitgedeel.

• Komende naweek bied Windhoek Gholfklub een van sy kwalifiserende toernooie in die King Price Internasionale Parespelreeks aan.