Micah Chase (14) bring goue medalje uit RSA

Bergfietsry
Andrew Poolman
Micah Chase – die jongste lid van die gerekende familie van uitblinkers in triathlon en fiksheidsportkodes – het die naweek sy naam gevoeg by die groeiende lys Namibiese vooruitsigte wat met goue medaljes van die Suid-Afrika se nasionale eindbyeenkoms in skolebergfietsry teruggekeer het.

Die Cycle Lab skolebergfietsryreeks se eindbyeenkoms by die Hoërskool Piet Retief in Mpumalanga is die jaarlikse hoogtepunt vir ryers in ouderdomsklasse vanaf onder-14 tot onder-18.

Soos gewoonlik het Namibië ‘n span van 20 ryers gestuur wat die kwalifiserende kriteria gehaal het om ná afloop van die plaaslike FNB skolebergfietsry-reeks gekies te word, terwyl enkele ryers van die PAY-ontwikkelingsprogram ook ingesluit is.

Met stewige getalle kompeterende ryers van elke provinsie in Suid-Afrika is die Cycle Lab finaal ‘n jaarlikse hoogtepunt.

Vir die uitgesoekte klompie Namibiërs bied die geleentheid ook ‘n werklike toets om op die uitdagende roetes teen etlike dosyne mededingers opgeweeg te word. Oor die jare het verskeie Namibiërs wat hier uitgeblink het ook reeds tot op elke internasionale vlak insluitend die Olimpiese Spele gevorder.

In Saterdag se kompetisie het die ryers in die kleure van hul skool meegeding, voor Sondag se grote waar die Namibiese groep teen die provinsiale spanne opgeweeg is.

Micah Chase het sy resiese beide Saterdag en Sondag vir seuns onder-14 gewen. Die Saterdag-resies was vier baanrondtes (17 km) en die volgende dag drie rondtes (12.75 km).

Micah Chase is die jonger boet van Nathan (17), wat twee naweke gelede in Italië met die junior mans se silwermedalje by die Xterra veldtriathlon-wêreldkampioenskap uitgeblink het. Hul pa Greg en ooms Andy en Steven is ook reeds oor die jare bekendes in triathlon- en fietsrykringe.

Afgesien van Chase se triomf was die beste uitslag deur ‘n Namibiër die o.16-seun Julius Braun (DHPS) se vierde plek Sondag en derde plek Saterdag.



SONDAG se uitslae teen provinsiale spanne:

Onder 14 meisies (39 inskrywings)

Ayixe Shaanika 19de.

Onder 15 meisies (38 inskrywings)

Nicole Surén 7de; Joadri de Beer 20ste.

Onder 17 meisies (30 inskrywings)

Jané Engelbrecht 28ste.

Onder 14 seuns (70 inskrywings)

Micah Chase eerste; York Ahrens 25ste; Max Heigan 32ste; Christo Nell 33ste; Karl-Nikolai Lisse 45ste.

Onder 15 seuns (72 inskrywings)

Daniel Hennes 38ste; Uazikua Hangero 51ste; Peny Hashiti 57ste.

Onder 16 seuns (72 inskrywings)

Julius Braun 4de; Mike Baartman 6de; Theodor Janse van Vuuren 7de; Shawn Morkel 41ste; Dawie Greeff 54ste; Jay-jay Hindjou 59ste; Torrence Morkel 64ste; Warren Kamaze 66ste.



SATERDAG se finale posisies (in resiese vir hul skoolspanne)

Onder 14 meisies (44 inskrywings)

Ayixe Shaanika (St. George’s) 22ste.

Onder 15 meisies (42 inskrywings)

Nicole Surén (Whk Gim) 5de; Joadri de Beer (Whk Affies) 14de.

Onder 17 meisies (35 inskrywings)

Jané Engelbrecht (WHS) 29ste.

Onder 14 seuns (72 inskrywings)

Micah Chase (St. George’s) eerste; York Ahrens (DHPS) 17de; Christo Nell (Whk Gim) 28ste; Max Heigan (Whk Gim) 30ste.

Onder 15 seuns (75 inskrywings)

Daniel Hennes (Whk Affies) 31ste; Peny Hashiti (PAY) 55ste; Uazikua Hangero (PAY) 59ste.

Onder 16 seuns (73 inskrywings)

Julius Braun (DHPS) 3de; Theodor Janse van Vuuren (Whk Gim) 9de; Mike Baartman (Whk Gim) 14de; Dawie Greeff (Whk Gim) 40ste; Shawn Morkel (PAY) 47ste; Jay-Jay Hindjou (PAY) 59ste; Torrence Morkel (PAY) 63ste; Warren Kamaze (PAY) 67ste.