Christiaan en Anri bobaas ryers oor twee dae

Padfietsry
Waardevolle punte in die algehele reeks was opnuut in elk van die kategorieë op die spel.
Tielman van Lill

Die Windhoek Pedal Power-padfietsryklub het sy laaste byeenkoms in die Nedbank-reeks vir die eerste helfte van 2026 die afgelope naweek aangebied.

Die kompetisie is oor twee dae op die Kupferbergpas en op die nuwe lughawesnelweg by Finkenstein oos van die hoofstad beslis.

Saterdagoggend het fietsryentoesiaste die geleentheid gehad om die Mamba-heuwelklim oor 1.67 kilometer op die Kupferbergpas te tem, voordat die ryers mekaar Sondagoggend by Finkenstein die stryd aangesê het.

‘n Frisserige westewind van voor af het die ryers op die Finkenstein-roete gepeper.

Die junior mansryer Christaan van der Westhuizen en die nasionale elite vrouekampioen Anri Greeff het die byeenkoms se algehele wenpunte in die elite-afdelings opgeraap.

In die heuwelklim by die Mamba het Van der Westhuizen vir Jaques Hanekom, Drikus Coetzee en Sean Lowe gerieflik met vyf sekondes geklop nadat die ryers in die individuele tydtoetsformaat in tussenposes van 60 sekondes weggespring het.

Sondag het Van der Westhuizen opnuut in die 112 km-roete van vier rondtes gekook om vir Marco Thiel (tweede), Drikus Coetzee (derde) en Jaques Hanekom (vierde) te oorskadu.

Anri Greeff was ook eers by Mamba en toe by Finkenstein onstuitbaar om met etlike minute voor haar uitdagers oor die eindstreep te snel.

Die vernaamste uitslae vir Sondag se padresies:

 

Elite vroue (84 kilometer)

1 Anri Greeff (2 ure 8 minute 43 sekondes), 2 Rosemarie Thiel (2:11:44), 3 Belinda van Rhyn (2:11:46), 4 Monique du Plessis (2:25:55), 5 Louise Breed (2:26:00).

 

Elite mans (112 km)

1 Hollard Insurance: Christiaan van der Westhuizen (2:45:11), 2 Cymot Racing: Marco Thiel (2:45:27), 3 Hollard Insurance: Drikus Coetzee (2:45:28), 4 Hollard Life: Jaques Hanekom (2:45:28), 5 Hollard Life: Danzel de Koe (2:50:22), 6 Mannie’s Bike Mecca: Mike Baartman (2:51:23), 7 Hollard Insurance: Sean Lowe (2:52:14), 8 Mannie’s Bike Mecca: Theodor Janse van Vuuren (2:56:50).

 

Die Mamba heuwelklim se uitslae (mans)

 

Mans algeheel: 1 Christiaan van der Westhuizen (3 minute 05 sekondes), 2 Jaques Hanekom (3:10) en Drikus Coetzee (3:10), 3 Sean Lowe (3:14).

Manspanne: 1 Hollard Life: Jaques Hanekom (3:10), 2 Hollard Insurance: Drikus Coetzee (3:10) en Sean Lowe (3:14), 3 Cymot Racing: Marco Thiel (3:22), 4 Mannie’s Bike Mecca: Mike Baartman (3:30) en Theodor Janse van Vuuren (3:45).

Mans Ope: 1 Christiaan van der Westhuizen (3:05), 2 Nelius Burger (3:40), 3 Hardus Nel (3:44), 4 Murray Koch (3:44) 5 Dawie Greeff (3:46), 6 Theo Steenkamp (3:59), 7 Ettiene Steenkamp (4:44), 8 Michiel Greeff (4:53).

Sport mans (17 jaar en ouer): 1 Matt Husselmann (4:24), 2 Freddy Van Zyl (4:43), 3 Ananias Shilongo (4:57), 4 Jacobus Eloff (5:24).

Meestersmans: 1 Marcel Surén (3:55), 2 Hans du Toit (3:57), 3 George Thiele (4:05), 4 Clinton Hilfiker (4:07), 5 Adriaan Maartens (4:16), 6 Jacky Husselmann (5:10).

Grootmeestersmans: 1 Max Schafer (4:19), 2 Glenn Howard (4:45), 3 Hugo Page (5:54), 4 Claus Jendrissek (6:17).

Mans bergfietse: 1 Ryno Engelbrecht (4:31), 2 Dillon Korner (4:59), 3 Charlton Mouton (5:55).

Onder 16 seuns: 1 Francois van Zyl (3:35), 2 Stefan Kruger (4:04), 3 York Ahrens (4:22).

Onder 14 seuns: 1 JP Lambert (4:11), 2 Arthur Allaine (4:14), 3 Hendrik Baartman (4:21).

Onder 12 seuns: 1 Izak Wessels (6:11).

 

Die Mamba heuwelklim se uitslae (vroue)

 

Vroue algeheel: 1 Anri Greeff (3:47), 2 Louise Breed (04:05), 3 Monique du Plessis (4:13).

Elite vroue: 1 Anri Greeff (3:47), 2 Louise Breed (4:05), 3 Monique Du Plessis (4:13), 4 Belinda van Rhyn (4:23), 5 Rosemarie Thiel (4:34).

Vroue Ope: 1 Zoë Mitchell (4:51), 2 Jana von Backstrom (5:07), 3 Maike Bochert (5:09), 4 Marion Schonecke (5:12), 5 Marcelle Eloff (5:24).

Sportvroue (17 en ouer): 1 Mimi Hough (5:21).

Meestersvroue: 1 Anneke Steenkamp (4:49), 2 Elanor Grassow (4:53), 3 Elmarie Adriaanse (5:04), 4 Hilke Kruger (5:57).

Grootmeestersvroue: 1 Karin Brockmann (5:48), 2 Charmaine Lowings (6:16), 3 Berrit Graf (7:35).

Onder 14 meisies: 1 Qara Volschenk (4:36).

Onder 12 meisies: 1 Mila Celliers (5:00), 2 Linn Lambert (5:42), 3 Kiana Brand (5:44).

Onder 10 meisies: 1 Ivanka Hashagen (7:05), 2 Amy Lowings (7:08), 3 Fleur Eloff (8:53).

• Die Nedbank-padresies wat op 22 Maart sou plaasvind was weens die onafhanklikheidsvieringe uitgestel en sal in September afgehandel word.

[email protected]