Bergfietsspan takel RSA se voorste talent

Fietsry
Op grond van SA Beker-uitslae in 2026 het van die Namibiërs ’n goeie kans om vir die podium mee te ding.
Andrew Poolman

’n Groep van 17 jong Namibiese bergfietsryers het Woensdagoggend na Stellenbosch vertrek, waar hulle Vrydag en Saterdag aan die Suid-Afrikaanse Skole provinsiale eindbyeenkoms sal deelneem.

Die Namibiese ryers het tydens vanjaar se plaaslike FNB Skole-bergfietsreeks na vore getree en sluit gedugte mededingers soos Qara Volschenk (meisies o.14) en Micah Chase (seuns o.15) in, wat reeds in vorige Suid-Afrikaanse byeenkomste met podiumposisies hul slag gewys het.

Die reisgroep is:

Meisies o.14: Qara Volschenk (Windhoek Gimnasium)

Seuns o.14: JP Lambert (Windhoek Gimnasium), Hendrik Baartman (Windhoek Gimnasium), Allain Arthur (St. Paul’s), Damian van Dyk (Roots Gimnasium), Hindie van Rensburg (Pro-Ed Akademie).

Seuns o.15: Micah Chase (St. George’s), York Ahrens (DHPS), Max Heigan (Windhoek Gimnasium), Christo Nell (Windhoek Gimnasium).

Meisies o.15: Ayixe Shaanika (St. George’s).

Seuns o.16: Francois van Zyl (Windhoek Gimnasium), Penyovamati Hashiti (PAY), Uazikua Hangero (PAY), Daniel Hennes (Windhoek Affies), Dylan Coetzee (Privaatskool Swakopmund).

Meisies o.16: Joadri de Beer (Windhoek Affies).