Bekendes uitgeskakel in Otjihavera Experience
Bergfietsry
Verskeie bekende ryers het weens verskillende teëspoed nie die afstand voltooi nie.
Die jong kombinasie van Sean Lowe (17) en Theuns van der Westhuizen (20) was die algehele wenners van die afgelope naweek se 20ste weergawe van die FNB Otjihavera Experience wat op roetes by Camp Nevada, Farm Las Vegas en Midgard Country Estate oos van Windhoek beslis is.Lowe en Van der Westhuizen het die titel beklink wat die vorige twee jare deur Drikus Coetzee en Ingram Cuff verower is.
Die roete was opnuut aan die moeiliker kant, veral met tegniese en meganiese teëspoed wat spanne se kanse in die wiele gery het. Volgens sommige veterane was die Otjihavera in verskeie opsigte ‘n harder wedren as die Wines2Whales in Suid-Afrika. Die klimme is as meer veeleisend ervaar as op die roetes wat in vorige jare gebruik is.
So byvoorbeeld was Martin Freyer en Tristan de Lange (Danste Racing), beide sterk ryers met jare se internasionale ondervinding, goed geplaas vir ‘n algehele oorwinning totdat Freyer se fietswiel gekraak het. Rosemarie Thiel en Courtney Liebenberg (Cymot Ladies), Hugo Hahn en Marco Thiel (CXC Racing) en Xavier Papo en Christiaan van der Westhuizen (Mannie’s Bike Mecca) moes ook voortydig die stryd gewonne gee.
Vrydagmiddag se proloog (24 km) is deur skofte van 74 km op beide Saterdag en Sondag gevolg.
In die gemengde afdeling het Anri Greeff en Adrian Key (Hollard Mixed) hul titel suksesvol verdedig. Greeff was in 2023 ook in die wenspan saam met die driekampatleet Petrus Human.
Nadat Pierre Lambert en Nabil Robiati verlede week die uitmergelende 800 km Badlands ultra-uitdaging in Spanje voltooi het, en eers Vrydagmiddag terug in Windhoek aangekom het, het hulle ook die Otjihavera Experience aangepak, hoewel Robiati nie die tweede skof voltooi het nie.
Tony Bassingthwaighte en sy vrou Sigi was die afgelope 20 jaar deurentyd by die byeenkoms betrokke.
Die voorste uitslae per ouderdomsklas (span se gekombineerde ouderdom):
VROUE OPE
1 Speedy Chicks – Sonja Obholzer / Mara van Wyk, 10:47:23.
2 Pereira/MBM 2 – Candice Wiggill / Luanne van der Schyff, 11:00:35.
3 Travel 2 Namibia / Steckel's Toyota – Anique Schoeman / Monja Scholtz, 12:14:09.
4 Chain Reaction – Hannah Lewis Winter / Britta Hoffmann, 13:58:53.
GEMENGDE OPE
1 Hollard Mixed Team – Adrian Key / Anri Greeff 8:23:32.
2 Hollard Mix n Match – Belinda van Rhyn / Pierre van Rensburg, 9:35:25.
3 Food Lovers Market Mixed #2 – Christo Engelbrecht / Michelle Döman, 9:48:37.
4 Kai & Mo – Kai Grossmann / Monika Grossmann, 11:48:34.
5 Pinky and the Brain – Freddy van Zyl / Mimi Hough, 12:07:15.
MANSPANNE “ONDER 70”
1 Team Hollard – Sean Lowe / Theuns van der Westhuizen, 7:22:27.
2 RMB Elite – Maruen Kleopas / Simon Kaita, 8:01:53.
3 Hemco Paint – Nicolaas Swart / Vernon Maresch, 8:11:51.
4 Mannies Bike Mecca powered by MSL – Nathan Chase / Michael Falk, 8:15:48.
5 Texas – Nian Berg / Brandon Thirion, 13:57:05
MANSPANNE “71-95 jaar”
1 Cymot Men Old Boys – Christiaan Janse van Rensburg / Christo Swartz, 8:22:20.
2 Snappy – Hardus Nel / Tiaan Nel, 8:58:14.
3 Bonk Bros – Lester Meyer / Ruan Kotze, 9:26:12.
4 Thicklip – Tim Wucher / Andreas Ewald, 10:06:40.
5 GL GOUSLASING – Peter Le Riche / Ruhan Gous, 10:15:06.
MANSPANNE “OUER AS 96”
1 Toshiba Maxes Klein Aus Vista – Frank Snyman / Piet Swiegers, 8:44:13.
2 Drongo Tours Namibia – Therald Murch / Stephan Schoeman, 8:49:16.
3 Maverick and Goose – Mark Spath / Andrew Rowles, 9:26:41.
4 PwC Mountain Lions – Marius Boonzaier / Hans Hashagen, 10:56:18.
5 Kalahari Trappers – Mike Hendrik Baartman / Johan Moolman, 12:15:49.
E-BIKE OPE
1 Bunny Chasers – Marcel Surén / Greg Chase, 7:19:25.
2 Dream Team Bianka Lowe / Michael Lowe, 8:35:46.
JEUG-SEUNS (“25-35 jaar”)
1 MBM Juniors – Theodor Janse van Vuuren / Mike Olivier Baartman, 2:49:01.
2 Mountain Fighters – York Ahrens / Karl Nikolai Lisse, 2:59:24.
3 Sportslab Junior – Dawie Greeff / Henry van der Westhuizen, 2:59:25.
4 MBM Megatech – Gero Friederich / Micah Chase, 3:00:28.
JEUG-MEISIES (“25-35 jaar”)
1 MegaTech Girls – Nicole Surén / Joadri de Beer, 3:44:56.
Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article