Boulers met truuks en kolwers met slaankrag in franchise-stryd
Krieket
Kompeterende krieket is in die vooruitsig voordat die kampioenspan Sondag bepaal sal word.
Die Krieket Namibië Franchise T20-reeks se titel vir 2025 is op die spel in die ses wedstryde wat Vrydag, Saterdag en Sondag by die FNB Namibiese Krieketstadion in Olympia gespeel word.Die reeks is by sy halfpadmerk nadat elke span laas naweek sy eerste drie wedstryde gespeel het.
Die Eavion Eagles en die Pupkewitz Wildcats (onderskeidelik met JJ Smit en Malan Kruger as kapteins) het elkeen twee uit drie wedstryde gewen en is in die binnebaan teen die NPL Bears van Gerhard Erasmus en die Paratus Jets van Nicol Loftie-Eaton, wat elkeen een keer suksesvol was vir twee ligapunte.
Verskeie uitmuntende vertonings met die kolf en die bal is laas naweek gesien, met die individuele uitblinkers wat hul skietgoed behoorlik ten toon gestel het. Toeskouers kan opnuut na vuurwerke uitsien. Die wedstrydbepalings is op bladsy 2.
Sommige van die statistiese voorlopers in die reeks sover:
MEES EKONOMIESE BOULERS (minstens 10 boulbeurte)
1 Ruben Trumpelmann (Eavion Eagles) 5.80 in 10 boulbeurte.
2 Bernard Scholtz (NPL Bears) 6.08 in 12 boulbeurte.
3 Zhivago Groenewald (Paratus Jets) 6.25 in 12 boulbeurte.
4 Leo Sadler (Pupkewitz Wildcats) 6.25 in 12 boulbeurte.
5 Ruan van Rooyen (Eavion Eagles) 6.58 in 12 boulbeurte.
BOULERS, MEESTE PAALTJIES
1 Leo Sadler (Pupkewitz Wildcats) sewe paaltjies (beste 3/26).
2 Ruan van Rooyen (Eavion Eagles) sewe paaltjies (beste 3/32).
3 Max Heingo (Pupkewitz Wildcats) ses paaltjies (beste 15/2).
4 WP Myburgh (NPL Bears) vier paaltjies (beste 24/4).
5 JJ Smit (Eavion Eagles) vier paaltjies (beste 2/37).
6 Handre Klazinga (NPL Bears) vier paaltjies (beste 2/27
7 Bernard Scholtz (NPL Bears) drie paaltjies (beste 2/37).
8 Dylan Leicher (Pupkewitz Wildcats) drie paaltjies (beste 2/25).
KOLWERS, MEESTE LOPIES
1 Gerhard Erasmus (NPL Bears) 176 (hoogste 134*).
2 Jan Frylinck (Pupkewitz Wildcats) 157 (hoogste 75).
3 WP Myburgh (NPL Bears) 140 (hoogste 68).
4 Dylan Leicher (Pupkewitz Wildcats) 138 (hoogste 65*).
5 Ruben Trumpelmann (Eavion Eagles) 113 (hoogste 64*).
6 JJ Smit (Eavion Eagles) 109 (hoogste 66*).
7 JC Balt (Eavion Eagles) 94 (hoogste 84).
8 Zane Green (Paratus Jets) 88 (hoogste 50*).
9 Handre Klazinga (NPL Bears) 70 (hoogste 40).
10 Nicol Loftie-Eaton (Paratus Jets) 61 (hoogste 51).
KOLWERS, VINNIGSTE KOLFTEMPO
1 Jack Brassell (NPL Bears) 10 lopies van 3 balle (333.33).
2 Drikus Swart (NPL Bears) 13 lopies (325.00).
3 Sam Wearne (Paratus Jets) 33 lopies (253.85).
4 Ruben Trumpelmann (Eavion Eagles) 113 lopies (245.65).
5 JJ Smit (Eavion Eagles) 109 lopies (184.75).
6 Waldo Smith (NPL Bears) 9 lopies (180.0).
7 Gerhard Erasmus (NPL Bears) 176 lopies (172.55).
8 Alexander Volschenk (Eavion Eagles) 20 lopies (166.67).
Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article