Whk Gim-klub se litte los vir NSSU-skouspel

Atletiek
Atlete van elke streek in die land sal in volgende week se nasionale skolekampioenskap meeding.
Andrew Poolman

Windhoek Gimnasium-atletiekklub het Dinsdagaand ‘n geselligheid aangebied vir sy groep atlete wat bestem is om komende Dinsdag en Woensdag in die Onafhanklikheidstadion in die hoofstad aan die Namibiese Skolesportunie (NSSU) se nasionale atletiekkampioenskap deel te neem.

Tesame met die ouers was bykans 120 mense by die geselligheid teenwoordig wat as ‘n jaarlikse instelling gevestig is om die klub se kwalifiseerders vir die nasionale kampioenskap sterkte toe te wens.

Die afrigter Letu Hamhola het die atlete toegespreek, terwyl praatjies deur Ronja King (voeding en aanvullings) en Sybrand de Beer (ware sportmanskap) hulle ook ingelig en geïnspireer het.

Laliq Adams en Marike Weitz is onderskeidelik as die klub se beste junior en beste senior atleet van die jaar bekroon. Beide atlete word in die werpitems deur Christene van der Linde afgerig.

Ongeag die naam is Windhoek Gimnasium atletiekklub oop vir atlete uit enige oord. Met agt afrigters in sy geledere word elke item in die sport gedek. Borge wat die klub ondersteun, is FabuPharm, Auasvalley Pharmacy, Jet Blast, i-Pure en Ridgeway Farming.

Die klub se lys kwalifiseerders vir die NSSU nasionale atletiekkampioenskap is Adrianne Ng’ambi, Alexandra Scheepers, Amelia Esterhuizen, Annebel Ludeke, Ansune Hammann, Audley Haimbodi, Buhlem Oelofsen, Carla Wilckens, Carlos Florian, Chandré du Preez, Charné de Beer, Christo van Rooyen, Coenraad de Villiers, Daniël Steynberg, Elijah de Klerk, Elleke Potgieter, Heinrich van der Merwe, Heino Hammann, Ingo Wilckens, Jonah King, Izobell Basson, Jean-Daniël van Rooyen, Jonathan Humphries, Laliq Adams, Lena Ahrens, Limerie Verwey, Lindiano Treuke, Luca van Wyk, Louwna Tromp, Marike Weitz, Matt-Reece Izaaks, Milandi Grobler, Nicholas Janse van Rensburg, Phillip Thiel, Shaun Silver en Zoey Basson.

• Verskeie lede van die klub sal ook komende Vrydag en Saterdag in Atletiek Namibië se senior nasionale kampioenskap, geborg deur Bank Windhoek, in aksie sal wees.