Naelloop-kampioene beide van Unam
Die naellopers Jade Nangula en Charley Matundu was twee van die uitblinkers by die naweek se Bank Windhoek senior nasionale kampioenskap van Atletiek Namibië.
Beide het met gemaklike voorspronge die dubbele goue medaljes in die 100 en 200 behaal.
Nangula se wentye was 11.82 en 24.32, terwyl haar Unam-klubmaat Matundu sy naellope in 10.07 (saam met ‘n wind van 4.1 meter per sekonde) en 20.57 gewen het.
Die jong hoogspringer Halleluyah Kaulinge het sy persoonlike beste met ‘n wenhoogte van 2.05 meter geëwenaar, terwyl Ryan Williams weer die diskusgooi met 56.43 meter, asook die gewigstoot met 14.30 meter gewen het.
Marike Weitz (Windhoek Gimnasium-klub) het ook twee titels in diskusgooi (47.02) en gewigstoot (14.81) by haar versameling gevoeg.
Ander bekroonde nasionale kampioene sluit in:
Vroue 400: Tuuliki Angala 55.64.
Mans 400: Elvis Gaseb 46.20.
Vroue 800: Tuuliki Angala 2:14.10.
Mans 800: 1 David Dam 1:50.14; 2 Mathew Angula 1:50.16.
Mans 1500: Asser Nalukaku 3:48.42.
Vroue hoogspring: Alexandra Scheepers 1.78.
Mans 400 hekkies: Nicolis du Plessis 56.27s.
Mans verspring: Onesmus Nekundi 6.79m.
Mans driesprong: Tersuan Haack 14.03m.
Vroue hamergooi: Ansuné Smith 47.76m.
Mans spiesgooi: Jasper Engelbrecht 59.63m.
Mans 10,000m: Andreas Dumeni 31:03.97.



Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article