Atmosfeer by Vegkop sal gelaai wees
‘n Driehoekige atletiekbyeenkoms propvol gees is môre by die FNB Vegkopstadion in die vooruitsig. Windhoek Hoërskool is die gasheer vir die besoekende Windhoek Afrikaanse Privaatskool en Windhoek Gimnasium, vir ‘n kompetisie wat in verskeie items van die beste baan- en veldatlete in hul ouderdomsgroep in die land teen mekaar sal opweeg. Toegang beloop N$50 per persoon, en N$50 per voertuig vir die beperkte parkeerplek binne die skoolterrein. Diegene wat nie daar kan wees nie, kan vanaf 07:45 die My Zone produksiespan se regstreekse beeldsending op Sport Wrap TV volg, asook vanaf 10:00 regstreeks op NTV. Die driehoekige byeenkoms is verlede jaar vir die eerste keer by Vegkop aangebied, maar kon vanweë swaar reënweer nie afgehandel word nie. Foto’s Brian Munango



Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article