!Gaoseb lei jong toetsspan teen Italië
Rugby
Twee jong vleuels van Wanderers is vir hul toetsdebuut gekies.
Vele van sy eerstekeusespelers is afwesig vir die Namibiese rugbyspan se toets teen Italië komende Vrydag in Windhoek (15:00).Die flank Prince !Gaoseb is die kaptein van ‘n Namibiese span wat heelwat verskil in vergelyking met die vorige kragmeting teen Italië bykans twee jaar gelede in Saint Ettienne, Frankryk.
Die Italianers het die 2023 Wêreldbekerwedstryd met 52-8 oorheers, met sewe drieë teenoor een.
Die Europese toerspan, wat op pad is om die Springbokke op 5 Julie op Loftus Versfeld in Pretoria asook ‘n week later in Gqeberha die stryd te gaan aansê, is tans tiende op die wêreldranglys, terwyl Namibië ondanks stewiger ranglysposisies tot sy huidige 25ste plek gesak het.
Beserings, onbeskikbaarheid van sommiges wat by oorsese klubs gekontrakteer is, asook die bestuur van die spelersgroep met die oog op die uiteindelike doelwit van Wêreldbeker-kwalifisering volgende maand, is van die faktore wat die opsies tot die beskikking van Jacques Burger en sy nasionale afrigterspan beperk.
In die beginvyftiental is FNB Wanderers se jong vleuels Danie van der Merwe en Jurgen Meyer die enigste debutante op toetsvlak.
Van der Merwe volg in die voetspore van sy pa Danie, wat as buitesenter in die Namibiese span van 1991 span in Windhoek reeksseges teen beide Italië (17-7 en 33-19) en Ierland (15-6 en 26-15) voortgebou het op die prestasies van die SWA-span voor onafhanklikwording.
Op die reserwebank is Sidney Halupe (tevore van FNB Kudus en meer onlangs Wits-universiteit) die enigste wat nog nie in ‘n volwaardige toets gespeel het nie.
NAMIBIë
1 Haitembu Shikufa (Luiperds)
2 Louis van der Westhuizen (Vrystaat-Cheetahs)
3 Aranos Coetzee (Vrystaat-Cheetahs)
4 Adriaan Ludick (CSM Baia Mare, Roemenië)
5 Johan Retief (Krasny Yar, Rusland)
6 Prince !Gaoseb (CSA Steaua Bucuresti, Roemenië)
7 Max Katjijeko (CSA Steaua Bucuresti, Roemenië)
8 Adriaan Booysen (FNB Wanderers)
9 Jacques Theron (FNB Wanderers)
10 Tiaan Swanepoel (Vrystaat-Cheetahs)
11 Jurgen Meyer (FNB Wanderers)
12 Danco Burger (FNB Wanderers)
13 Alcino Izaacs (FNB Unam)
14 Danie van der Merwe (FNB Wanderers)
15 André van der Berg (USA Limoges, Frankryk)
Reserwes: 16 Armand Combrinck (Maties), 17 Jason Benade (Unam), 18 Sydney Halupe (Wits-universiteit), 19 Ruan Ludick (FNB Wanderers), 20 Johan Luttig (FNB Grootfontein), 21 Peter Diergaardt (Rugby Torino, Italië); 22 Oela Blaauw (Universiteit Johannesburg); 23 Quirione Majiedt (FNB Unam).
• Ter vergelyking was die Namibiese span twee jaar gelede by die Wêreldbeker soos volg teen Italië: 15 Divan Rossouw, 14 Gerswin Mouton, 13 Johan Deysel (kapt), 12 Danco Burger, 11 JC Greyling, 10 Tiaan Swanepoel, 9 Damian Stevens, 8 Richard Hardwick, 7 Johan Retief, 6 Wian Conradie, 5 Tjiuee Uanivi, 4 Adriaan Ludick, 3 Aranos Coetzee, 2 Torsten van Jaarsveld, 1 Desiderius Sethie.
Reserwes: 16 Louis van der Westhuizen, 17 Jason Benade, 18 Casper Viviers, 19 Tiaan de Klerk, 20 Prince !Gaoseb, 21 Jacques Theron, 22 Andre van der Berg, 23 Le Roux Malan.
Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article