Vyftal by wêreldseminaar in Japan

Karate
Vyf verteenwoordigers van Okinawan Goju-Ryu Karate Namibië woon vandeesweek 'n internasionale karate-seminaar in Okinawa, Japan, by. Van links is Thomas Mechnig (tweede dan swartgordel), Carl P. van der Merwe (sewende dan swartgordel en Namibiese stylhoof van Okinawan Goju-Ryu Karare Namibië), Peuee Kavekotora (eerste graad bruingordel), Xenia Brandt (eerste dan swartgordel) en Rowan Carstens (vierde dan swartgordel). Van der Merwe sê: “Ons oefen met Morio Higaonna Sensei, tiende dan swartgordel, en vele ander baie senior instrukteurs. Ons doelwit is om soveel moontlik tegniese en praktiese kennis op te neem en terug te bring na Namibië waar ons dit met ons studente sal deel. Ons doen dit elke paar jaar, want dis ongelukkig baie duur om hierheen te reis.” Die Namibiërs was Sondag deel van die bykans 3000 karatestudente van oraloor die wêreld wat in die hoofstraat van Naha City Okinawa aan die Internasionale Karatedagviering 2025 deelgeneem het. Die demonstrasies is deur duisende toeskouers aanskou. Foto verskaf