Wenrondte vir Louw en Redman op Rössmund

Gholf
By die Rössmund-gholfklub buite Swakopmund was dit Saterdag tyd om die derde rondte van die 2025 King Price / Castle Lite Internasionale Parespelreeks af te handel. Weersomstandighede was perfek vir ‘n rondte gholf. Chrysander Botha het King Price by die gholfdag verteenwoordig en ook by die prysuitdeling diens gedoen. Die algehele wenspan wat deurgedring het om die klub by die nasionale finaal te gaan verteenwoordig, is Henry Louw en John Redman (45 punte). Tweede was Kris van Schalkwyk en Schalk van Wyk (42) en derde was Steven Johns en George Murasiki (41, op uittel) voor Chris Magson en Richard Prinsloo (41). Hier oorhandig Chrysander Botha (middel) van King Price die wenpryse aan Henry Louw (links) en John Redman. Rondte vier van Rössmund se uitdunne is vir 14 Junie geskeduleer. Foto verskaf