Ryers pronk met medaljes ná FNB Skole-reeks
Bergfietsry
Ná die plaaslike reeks word die voorste ryers gekies om in Suid-Afrika te gaan meeding.
FNB Namibia se gewilde en suksesvolle skoleliga vir bergfietsry is laas Saterdag met die eindbyeenkoms van die reeks afgesluit wat by IJG Trials in die heuwels van Kleine Kuppe aangebied is.Ryers het in die kleure van hul skool meegeding. Van die ouderdomsklasse wat die hewigste kompetisie gelewer het, was vir seuns onder 8, seuns o.10 en seuns o.12, wat elk 13 inskrywings gehad het, asook die o.16-seuns wat veertien by die wegspringstreep was.
Roger Surén en Delsia Janse van Vuuren het hul laaste skooljaar met die algehele o.18 seuns- en meisiestitel afgesluit en is twee van die reeks se ikoniese suksesverhale wat die ontwikkeling van topklas talent betref.
Surén en Janse van Vuuren was beide reeds verlede jaar die kontinentale UCI Afrika-bergfietskampioene in die junior klas (o.18) en is onlangs ná die Namibiese Fietsryfederasie se nasionale kampioenskap aangewys om die land op 12 September by die UCI wêreldkampioenskap in Switserland te gaan verteenwoordig.
Rose-Marie Thiel, wat in Julie ‘n silwermedalje by die eerste Afrika Skolespele in Algerië beklink het, is nog een van die vele prominente produkte van die jaarlikse FNB Skole-reeks wat vanaf die jongste ouderdom ryers se vaardighede help slyp.
Die voorste uitslae:
SEUNS ONDER 6 (vyf rondtes)
1 Oden Stranghoner (Kammis Kiga) 12:01
2 Sebastian Pack (Kammis Kiga) 12:15
3 Dehan Doman (Bright Beginnings) 10:16 (vier rondtes)
MEISIES ONDER 6 (vier rondtes)
1 Sanmari Esterhuyse (WAP) 10:17
2 Elizabeth Eloff (Whk Gim) 12:25
3 Rachel Odendaal (Busy Brains) 12:31
SEUNS ONDER 8 (vyf rondtes)
1 Logan Hinze (Whk Gim) 19:24
2 Reuben Christensen (WAP) 20:16
3 Philip Nochel (Whk Gim) 21:16
MEISIES ONDER 8 (vier rondtes)
1 Emma Cuff (WAP) 18:38
2 Suné Prins (WAP) 19:04
3 Milandri Burger (WAP) 20:29
SEUNS ONDER 10 (vyf rondtes)
1 Ted Rust (Tara House Academy) 41:17
2 Dennis Bassingthwaighte (DHPS) 43:37
3 Kian Graf (Aludio) 48:12
MEISIES ONDER 10 (vyf rondtes)
1 Ivanka Hashagen (Whk Gim) 22:24
2 Naita Mukete (Delta Primary) 22:27
3 Llana Simon (Roots Gim) 22:31
SEUNS ONDER 12 (ses rondtes)
1 Harry Kibble (St George’s) 45:33
2 Cody Heigan (Whk Gim) 45:56
3 Patrick von Kunow (DHPS) 47:4
MEISIES ONDER 12 (vyf rondtes)
1 Linn Lambert (Whk Gim) 40:12
2 Mienke de Beer (WAP) 43:33
3 Kiana Brand (Parkies) 44:21
SEUNS ONDER 14 (vyf rondtes)
1 Micah Chase (St George’s) 47:23
2 York Ahrens (DHPS) 49:25
3 JP Lambert (Whk Gim) 49:49
MEISIES ONDER 14 (vier rondtes)
1 Qara Volschenk (Whk Gim) 42:33
2 Lillian Kibble (DHPS) 44:33
3 Ayixe Shaanika (St George’s) 54:54
SEUNS ONDER 16 (ses rondtes)
1 Mike Baartman (Whk Gim hoërskool) 56:32
2 Theodor Janse van Vuuren (Whk Gim hoërskool) 56:37
3 Gero Friederich (DHPS) 59:52
MEISIES ONDER 16 (vyf rondtes)
1 Nicole Surén (Whk Gim hoërskool) 56:22
2 Joadri de Beer (WAP hoërskool) 58:30
SEUNS ONDER 18 (sewe rondtes)
1 Roger Surén (Whk Gim hoërskool) 1:01:08
2 Marco Thiel (DHPS) 1:02:43
3 Sean Lowe (DHPS hoërskool) 1:06:12
4 Nathan Chase (St Georges hoërskool) 1:08:13
5 Matti Lukaschik (DHPS) 1:08:22
MEISIES ONDER 18 (ses rondtes)
1 Delsia Janse van Vuuren (Whk Gim hoërskool) 0:59:51
2 Rose-Marie Thiel (Whk Gim hoërskool) 1:03:27
3 Jane Engelbrecht (WHS) 1:00:47
Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article